Jesaja 52:1-15

52  Ontwaak, ontwaak, beklee jou met jou sterkte,+ o Sion! Trek jou pragtige klere aan,+ o Jerusalem, die heilige stad!+ Want in jou sal daar verder geen onbesnedene en onreine meer kom nie.+  Skud jou los uit die stof,+ staan op, gaan sit, o Jerusalem. Maak los die bande om jou nek, o gevange dogter van Sion.+  Want só het Jehovah gesê: “Julle is vir niks verkoop,+ en sonder geld sal julle teruggekoop word.”+  Want só het die Soewereine Heer Jehovah gesê: “Na Egipte het my volk aanvanklik afgetrek om daar as vreemdelinge te woon;+ en sonder oorsaak het Assiʹrië hulle onderdruk.”  “En nou, watter belang het ek hier?” is die woord van Jehovah. “Want my volk is vir niks weggeneem.+ Dié wat oor hulle heers, het bly skreeu”,+ is die woord van Jehovah, “en my naam is voortdurend, die hele dag, met minagting bejeën.+  Daarom sal my volk my naam ken,+ ja, daarom op dié dag, want dit is ek wat praat.+ Kyk! Dit is ek.”  Hoe lieflik op die berge is die voete+ van die een wat goeie nuus bring,+ wat vrede verkondig,+ wat goeie nuus van iets beters bring,+ wat redding verkondig,+ wat vir Sion sê: “Jou God het koning geword!”+  Luister! Jou wagte+ het hulle stem verhef.+ Eenstemmig bly hulle met vreugde uitroep; want oog in oog+ sal hulle sien wanneer Jehovah Sion laat terugkeer.+  Word vrolik, roep eenstemmig met vreugde uit, o verwoeste plekke van Jerusalem,+ want Jehovah het sy volk vertroos;+ hy het Jerusalem teruggekoop.+ 10  Jehovah het sy heilige arm voor die oë van al die nasies ontbloot;+ en al die eindes van die aarde sal die redding van ons God sien.+ 11  Vertrek, vertrek, gaan daar uit,+ raak aan niks wat onrein is nie;+ gaan uit hom uit,+ hou julle rein, julle wat die voorwerpe van Jehovah dra.+ 12  Want julle sal nie in paniek uitgaan nie, en julle sal nie soos vlugtelinge vertrek nie.+ Want Jehovah sal voor julle uit gaan,+ en die God van Israel sal julle agterhoede wees.+ 13  Kyk! My kneg+ sal met insig optree.+ Hy sal ’n hoë posisie beklee en sal beslis verhoog en grootliks verhef word.+ 14  In die mate dat baie hom in verbasing aangestaar het+—so erg was die misvorming van sy voorkoms,+ meer as dié van enige ander man, en van sy statige gestalte,+ meer as dié van die mensekinders— 15  sal hy ook baie nasies laat skrik.+ Oor hom sal konings hulle mond toehou,+ want wat nie vir hulle vertel is nie, sal hulle sien, en op wat hulle nie gehoor het nie, sal hulle hulle aandag rig.+

Voetnote