Jesaja 53:1-12

53  Wie het geloof gestel in wat ons gehoor het?+ En wat die arm van Jehovah+ betref, aan wie is dit geopenbaar?+  En hy sal soos ’n takkie+ voor iemand opkom, en soos ’n wortel uit ’n waterlose land. Hy het nie ’n statige gestalte of enige prag nie;+ en wanneer ons hom sal sien, is die voorkoms nie sodanig dat ons hom sou begeer nie.+  Hy is verag en deur die mense vermy,+ ’n man bestem vir pyn en om met siekte bekend te wees.+ En dit was asof sy gesig vir ons verberg is.+ Hy is verag, en ons het hom van geen belang geag nie.+  Waarlik, ons siektes het hy gedra;+ en wat ons pyn betref, hy het dit op hom geneem.+ Maar ons het hom beskou as een wat met ’n plaag getref is,+ deur God geslaan+ en geteister+ is.  Maar hy is vir ons oortreding+ deurboor;+ hy is vir ons ongeregtighede verbrysel.+ Die tugtiging wat vir ons vrede bedoel was, was op hom,+ en weens sy wonde+ was daar vir ons genesing.+  Soos skape het ons almal rondgedwaal;+ ons het elkeen sy eie weg ingeslaan; en Jehovah het ons almal se oortreding op hom laat neerkom.+  Hy was onder groot druk,+ en hy het hom laat teister;+ tog het hy nie sy mond oopgemaak nie. Hy is net soos ’n skaap na die slagplek gelei;+ en soos ’n ooi wat voor haar skeerders stom geword het, het hy ook nie sy mond oopgemaak nie.+  Weens bedwang en strafgerig is hy weggeneem;+ en wie sal die besonderhede van sy geslag oordink?+ Want hy is uit die land van die lewendes+ afgesny.+ Weens die oortreding+ van my volk is hy die slag toegedien.+  En hy sal sy graf by die goddeloses maak,+ en by die ryk klas in sy dood,+ ten spyte daarvan dat hy geen geweld gepleeg het+ en daar geen bedrog in sy mond was nie.+ 10  Maar dit het Jehovah behaag om hom te verbrysel;+ hy het hom siek gemaak.+ As u sy siel ’n skuldoffer maak,+ sal hy sy nageslag sien,+ sal hy sy dae verleng+ en sal die welbehae+ van Jehovah in sy hand slaag.+ 11  Weens die moeite van sy siel sal hy sien;+ hy sal versadig word.+ Deur middel van sy kennis sal die regverdige, my kneg,+ baie in ’n regverdige posisie bring;+ en hulle oortredings sal hy dra.+ 12  Daarom sal ek hom ’n deel onder die menigte gee,+ en saam met die magtiges sal hy die buit verdeel,+ omdat hy sy siel in die dood uitgestort het+ en saam met die oortreders getel is;+ en hy het die sonde van baie gedra,+ en vir die oortreders het hy tussenbeide getree.+

Voetnote