Jesaja 54:1-17

54  “Roep met vreugde uit, onvrugbare vrou wat nie geboorte gegee het nie!+ Word vrolik met vreugdegeroep en juig,+ jy wat geen geboortepyne gehad het nie,+ want die kinders van die verlate vrou is talryker as die kinders van die vrou met ’n eggenoot-eienaar”,+ het Jehovah gesê.  “Maak die plek van jou tent wyer.+ En laat hulle die tentdoeke van jou grootse woning uitspan. Moenie terughou nie. Verleng jou tenttoue en maak jou tentpenne sterk.+  Want jy sal regs en links uitbreek,+ en jou nageslag sal selfs nasies in besit neem,+ en hulle sal selfs die verwoeste stede bewoon.+  Moenie bang wees nie,+ want jy sal nie beskaamd gemaak word nie;+ en moenie verneder voel nie, want jy sal nie teleurgestel word nie.+ Want jy sal selfs die skaamte van jou jeug vergeet,+ en aan die smaad van jou voortdurende weduweeskap sal jy nie meer dink nie.”  “Want jou Grootse Maker+ is jou eggenoot-eienaar,+ Jehovah van die leërs is sy naam;+ en die Heilige van Israel is jou Terugkoper.+ Die God van die hele aarde sal hy genoem word.+  Want Jehovah het jou geroep asof jy ’n vrou was wat heeltemal verlate en gekrenk in gees is,+ en soos ’n vrou van die jeug+ wat toe verwerp is”,+ het jou God gesê.  “Vir ’n kort oomblikkie het ek jou heeltemal verlaat,+ maar met groot barmhartighede sal ek jou bymekaarbring.+  In ’n vloed van verontwaardiging het ek my aangesig vir net ’n oomblik vir jou verberg,+ maar met liefderyke goedhartigheid tot onbepaalde tyd sal ek jou barmhartig wees”,+ het jou Terugkoper,+ Jehovah, gesê.  “Dit is vir my net soos die dae van Noag.+ Net soos ek gesweer het dat die waters van Noag nie weer oor die aarde sal gaan nie,+ so het ek gesweer dat ek nie verontwaardig teenoor jou sal raak of jou sal bestraf nie.+ 10  Want die berge kan verwyder word en die heuwels kan wankel,+ maar my liefderyke goedhartigheid sal nie van jou verwyder word nie+ en my vredesverbond sal nie wankel nie”,+ het Jehovah, die Een wat jou barmhartig is,+ gesê. 11  “O geteisterde vrou,+ deur storms heen en weer geslinger,+ ongetroos,+ kyk, ek lê jou stene met harde messelklei,+ en ek sal jou fondament+ met saffiere+ lê. 12  En ek sal jou kantele van robyne maak en jou poorte van vurig gloeiende stene+ en al jou grense van pragtige stene. 13  En al jou kinders+ sal persone wees wat deur Jehovah geleer word,+ en die vrede van jou kinders sal oorvloedig wees.+ 14  Jy sal stewig bevestig wees in regverdigheid.+ Jy sal ver wees van onderdrukking+—want jy sal niemand vrees nie—en van enigiets skrikwekkends, want dit sal nie naby jou kom nie.+ 15  As iemand jou enigsins aanval, sal dit nie op my bevel wees nie.+ Enigiemand wat jou aanval, sal weens jou val.”+ 16  “Kyk! Ek het die vakman geskep wat die houtskoolvuur+ aanblaas+ en ’n wapen as sy werk voortbring. Ek het ook die verderwer+ vir verwoestingswerk geskep. 17  Geen wapen wat teen jou gesmee sal word, sal enige sukses hê nie,+ en elke tong wat in die gereg teen jou sal opstaan, sal jy veroordeel.+ Dit is die erfbesitting van die knegte van Jehovah,+ en hulle regverdigheid is uit my”, is die woord van Jehovah.+

Voetnote