Jesaja 55:1-13

55  Kom, almal wat dors is!+ Kom na die water.+ En dié wat geen geld het nie! Kom, koop en eet.+ Ja, kom, koop wyn+ en melk+ selfs sonder geld en sonder prys.+  Waarom bly julle geld betaal vir wat nie brood is nie, en waarom swoeg julle vir iets wat nie versadig nie?+ Luister aandagtig na my en eet wat goed is,+ en laat julle siel hom in vettigheid verlustig.+  Gee gehoor+ en kom na my toe.+ Luister, en julle siel sal bly lewe,+ en ek sal graag ’n verbond met julle sluit wat tot onbepaalde tyd duur,+ aangaande die liefderyke goedhartighede teenoor Dawid wat betroubaar is.+  Kyk! As ’n getuie+ vir die volksgroepe+ het ek hom gegee,+ as ’n leier+ en ’n aanvoerder+ vir die volksgroepe.  Kyk! ’n Nasie wat jy nie ken nie, sal jy roep,+ en dié van ’n nasie wat jou nie geken het nie, sal na jou toe hardloop,+ ter wille van Jehovah jou God,+ en weens die Heilige van Israel,+ omdat hy jou versier het.+  SOEK Jehovah terwyl hy gevind kan word.+ Roep hom aan terwyl hy naby is.+  Laat die goddelose sy weg verlaat+ en die slegte mens sy gedagtes;+ en laat hom tot Jehovah terugkeer, wat hom barmhartig sal wees,+ en tot ons God, want hy sal ryklik vergewe.+  “Want julle gedagtes is nie my gedagtes nie,+ en ook is my weë nie julle weë nie”,+ sê Jehovah.  “Want soos die hemel hoër is as die aarde,+ so is my weë hoër as julle weë+ en my gedagtes as julle gedagtes.+ 10  Want net soos die stortreën en die sneeu uit die hemel neerdaal en nie daarheen terugkeer nie, tensy dit die aarde deurweek en dit laat voortbring en uitspruit,+ en saad aan die saaier en brood aan die eter gegee word,+ 11  so sal my woord wees wat uit my mond uitgaan.+ Dit sal nie sonder resultate na my toe terugkeer nie,+ maar dit sal beslis doen wat my behaag+ en sal beslis sukses behaal in alles waarvoor ek dit gestuur het.+ 12  “Want met blydskap sal julle uittrek,+ en met vrede sal julle ingebring word.+ Die berge en die heuwels sal vrolik word voor julle met vreugdegeroep,+ en al die bome van die veld sal hande klap.+ 13  In die plek van die doringbos sal die jenewerboom opkom.+ In die plek van die brandnetel sal die mirteboom opkom.+ En dit moet Jehovah tot roem strek,+ ’n teken tot onbepaalde tyd+ wat nie uitgeroei sal word nie.”

Voetnote