Jesaja 56:1-12

56  Só het Jehovah gesê: “BEWAAR geregtigheid+ en doen wat regverdig is.+ Want my redding is naby om te kom+ en my regverdigheid om geopenbaar te word.+  Gelukkig is die sterflike mens wat dit doen,+ en die mensekind wat daaraan vashou,+ wat die sabbat hou om dit nie te ontheilig nie+ en wat sy hand terughou om niks slegs te doen nie.+  En laat die uitlander wat hom met Jehovah verbind het, nie sê:+ ‘Jehovah sal my ongetwyfeld van sy volk afskei’ nie.+ Laat die eunug+ ook nie sê: ‘Kyk! Ek is ’n droë boom’ nie.”  Want só het Jehovah vir die eunugs gesê wat my sabbatte hou en wat gekies het wat my behaag+ en wat aan my verbond+ vashou:  “Ek sal aan hulle ’n monument+ en ’n naam+ in my huis+ en binne my mure gee, iets beters as seuns en dogters.+ ’n Naam tot onbepaalde tyd sal ek aan hulle gee,+ een wat nie uitgeroei sal word nie.+  “En die uitlanders wat hulle met Jehovah verbind het om hom te dien+ en om die naam van Jehovah lief te hê,+ ten einde sy knegte te word, almal wat die sabbat hou om dit nie te ontheilig nie en wat aan my verbond vashou,+  hulle sal ek ook na my heilige berg+ bring en in my huis van gebed+ vreugde gee. Hulle heelbrandoffers+ en hulle offerandes+ sal op my altaar+ aanneemlik wees. Want my huis sal ’n huis van gebed genoem word vir al die volke.”+  Die woord van die Soewereine Heer Jehovah, wat die verstrooides van Israel bymekaarbring,+ is: “Ek sal nog ander by hom bymekaarbring behalwe dié van hom wat reeds bymekaargebring is.”+  Al julle wilde diere van die oop veld, kom eet, al julle wilde diere in die woud.+ 10  Sy wagte is blind.+ Nie een van hulle het iets gemerk nie.+ Hulle is almal stom honde; hulle kan nie blaf nie,+ hulle hyg, gaan lê, is lief om te sluimer.+ 11  Hulle is honde met sterk sielsbegeerte;+ hulle het geen versadiging geken nie.+ Hulle is ook herders wat nie geweet het hoe om te verstaan nie.+ Hulle het hulle almal na hulle eie weg gekeer, elkeen vir sy onregverdige wins van sy eie grens af:+ 12  “KOM! Laat ek wyn neem; en laat ons sterk drank drink tot ons nie meer kan nie.+ En môre sal beslis net soos vandag wees, buitengewoon groot.”+

Voetnote