Jesaja 57:1-21

57  Die regverdige het omgekom,+ maar niemand neem dit ter harte nie.+ En mense van liefderyke goedhartigheid word weggeruk in die dood,+ terwyl niemand besef dat dit weens die rampspoed is dat die regverdige weggeruk is nie.+  Hy gaan die vrede in;+ hulle rus+ op hulle beddens,+ elkeen wat reguit loop.+  “Wat julle betref, kom nader hierheen,+ o kinders van ’n waarsegster,+ die saad van ’n egbreker en ’n vrou wat prostitusie pleeg:+  Oor wie het julle soveel plesier?+ Teen wie bly julle die mond wyd oopmaak, bly julle die tong uitsteek?+ Is julle nie die kinders van oortreding, ’n leuenagtige saad nie,+  dié wat die hartstog prikkel onder groot bome,+ onder elke blaarryke boom,+ wat die kinders in die stroomvalleie onder die skeure van die kranse slag?+  “By die gladde klippe van die stroomvallei was jou deel.+ Hulle—hulle was jou lot.+ Daarbenewens het jy vir hulle ’n drankoffer uitgegiet,+ ’n gawe gebring. Sal ek my weens hierdie dinge troos?+  Op ’n hoë en verhewe berg het jy jou bed gesit.+ Ook het jy daarheen opgeklim om offerandes te bring.+  En agter die deur en die deurpos het jy jou gedenkteken gesit.+ Want weg van my het jy jou ontbloot en opgeklim; jy het jou bed ruim gemaak.+ En jy het vir jou ’n verbond met hulle gesluit. Jy het ’n bed saam met hulle liefgehad.+ Die manlike orgaan het jy aanskou.  En jy het na Meleg afgedaal met olie en jou salwe oorvloedig bly maak.+ En jy het aangehou om jou gesante ver weg te stuur, sodat jy sake tot Sjeool verlaag het.+ 10  In die menigte van jou weë het jy geswoeg.+ Jy het nie gesê: ‘Dit is hopeloos!’ nie. Jy het ’n herlewing van jou krag gevind.+ Daarom het jy nie siek geword nie.+ 11  “Vir wie het jy bang en bevrees geword,+ sodat jy begin lieg het?+ Maar aan my het jy nie gedink nie.+ Jy het niks ter harte geneem nie.+ Het ek nie stilgebly en sake verborge gehou nie?+ Jy het mý dus nie eens gevrees nie.+ 12  Ek sal jou regverdigheid+ en jou werke+ bekend maak, dat hulle jou geen voordeel sal bring nie.+ 13  Wanneer jy om hulp roep, sal jou versamelde goed jou nie verlos nie,+ maar ’n wind sal hulle almal wegvoer.+ ’n Asemstoot sal hulle wegneem, maar wie sy toevlug tot my neem,+ sal die land beërf en sal my heilige berg in besit neem.+ 14  En daar sal beslis gesê word: ‘VUL OP, vul op! Baan die weg.+ Verwyder elke hindernis uit die pad van my volk.’”+ 15  Want só het die Hoë en Verhewene,+ wat tot in ewigheid woon+ en wie se naam heilig is,+ gesê: “In die hoogte en in die heilige plek woon ek,+ asook by die verbryselde en nederige van gees,+ om die gees van die nederiges te laat herlewe en om die hart van die verbryseldes te laat herlewe.+ 16  Want ek sal nie tot onbepaalde tyd twis nie, en ook sal ek nie vir altyd verontwaardig wees nie;+ want weens my sou die gees swak word,+ ja, die skepsele wat asemhaal wat ek gemaak het.+ 17  “Ek het verontwaardig geraak oor die verkeerdheid van sy onregverdige wins+ en het hom geslaan terwyl ek my aangesig verberg het,+ terwyl ek verontwaardig was. Maar hy het soos ’n afvallige+ in die weg van sy hart bly wandel. 18  Ek het sy weë gesien; en ek het hom begin genees+ en hom gelei+ en hom en sy treurendes+ met vertroosting vergoed.”+ 19  “Ek skep die vrug van die lippe.+ Bestendige vrede sal daar wees vir die een wat ver is en vir die een wat naby is”,+ het Jehovah gesê, “en ek sal hom genees.”+ 20  “Maar die goddeloses is soos die onstuimige see, wanneer dit nie tot bedaring kan kom nie, waarvan die waters seegras en modder bly opgooi. 21  Daar is geen vrede”, het my God gesê, “vir die goddeloses nie.”+

Voetnote