Jesaja 58:1-14

58  “Roep luidkeels uit; moenie terughou nie.+ Verhef jou stem soos ’n horing, en verkondig aan my volk hulle opstandigheid+ en aan die huis van Jakob hulle sondes.  Tog het hulle my dag na dag gesoek en behae getoon in die kennis van my weë,+ soos ’n nasie wat regverdigheid beoefen het en wat nie die geregtigheid van hulle God verlaat het nie,+ deurdat hulle my gedurig om regverdige oordele gevra het, terwyl hulle nader gekom het aan God in wie hulle behae gehad het:+  “‘Waarom het ons gevas en het u dit nie gesien nie,+ en het ons ons siel gekasty+ en het u geen ag daarop geslaan nie?’+ “Ja, julle het behae geskep in die dag van julle gevas, toe julle al julle arbeiders bly dryf het om te werk.+  Ja, om rusie te maak en te stry, het julle gevas,+ en om met die vuis van goddeloosheid te slaan.+ Het julle nie bly vas soos op die dag waarop julle julle stem in die hoogte laat hoor nie?  Moet die vas wat ek verkies, só word, ’n dag vir die mens om sy siel te kasty?+ Om sy kop te buig net soos ’n biesie, en sodat hy sak en as sou uitsprei as sy slaapbank?+ Noem jy dít ’n vas en ’n dag wat vir Jehovah aanneemlik is?+  “Is dít nie die vas wat ek verkies nie? Om die boeie van goddeloosheid los te maak,+ om die stroppe van die juk af te haal+ en om die verbryseldes vry weg te stuur+ en dat julle elke juk in twee moet breek?+  Is dit nie dat jy jou brood moet uitdeel aan die een wat honger is+ en dat jy die geteisterde, daklose mense in jou huis moet inbring nie?+ Dat jy, as jy iemand sien wat naak is, hom moet bedek+ en jou vir jou eie vlees+ nie moet verberg nie?  “Dan sal jou lig deurbreek net soos die dagbreek;+ en genesing sal gou vir jou uitspruit.+ En jou regverdigheid sal beslis voor jou uit gaan;+ die heerlikheid van Jehovah sal jou agterhoede wees.+  Dan sal jy roep, en Jehovah sal antwoord; jy sal om hulp roep,+ en hy sal sê: ‘Hier is ek!’ “As jy die juk,+ die uitsteek van die vinger+ en die skadelike woorde+ uit jou verwyder, 10  en jy jou sielsbegeerte skenk aan die een wat honger is,+ en jy die geteisterde siel versadig, dan sal jou lig beslis stralend opgaan in die duisternis, en jou donkerheid sal soos die middag wees.+ 11  En Jehovah sal jou sekerlik voortdurend+ lei+ en jou siel selfs in ’n verskroeide land versadig,+ en hy sal jou gebeente krag gee;+ en jy moet word soos ’n tuin wat goed natgelei word,+ en soos die waterbron waarvan die waters nie lieg nie. 12  En op jou aandrang sal mense beslis die plekke opbou wat al lank woes lê;+ jy sal selfs die fondamente van opeenvolgende geslagte oprig.+ En jy sal die heelmaker van die gaping+ genoem word, die hersteller van paaie waarlangs mense kan woon. 13  “As jy met die oog op die sabbat jou voet daarvan terughou om op my heilige dag te doen wat jou behaag,+ en die sabbat ’n verlustiging noem, ’n heilige dag van Jehovah, een wat verheerlik word,+ en dit verheerlik eerder as om jou eie weë te volg, eerder as om te vind wat jou behaag en ’n woord te spreek, 14  dan sal jy jou in Jehovah verlustig,+ en ek sal jou op die hoogtes van die aarde laat ry;+ en ek sal jou van die erfbesitting van jou voorvader Jakob laat eet,+ want die mond van Jehovah het dit gespreek.”+

Voetnote