Jesaja 59:1-21

59  Kyk! Die hand van Jehovah het nie te kort geword om te red nie,+ en ook het sy oor nie te swaar geword om te hoor nie.+  Nee, maar dit is julle oortredings wat ’n skeiding tussen julle en julle God veroorsaak het,+ en julle sondes het veroorsaak dat sy aangesig vir julle verberg is, sodat hy nie hoor nie.+  Want julle palms is met bloed besoedel+ en julle vingers met oortreding. Julle lippe het leuens gespreek.+ Julle tong het gedurig onregverdigheid gemompel.+  Daar is niemand wat in regverdigheid roep nie,+ en hoegenaamd niemand het in getrouheid hof toe gegaan nie. Hulle het op onwerklikheid vertrou+ en waardeloosheid gespreek.+ Hulle het swanger geword van moeilikheid en gebaar wat skadelik is.+  Die eiers van ’n giftige slang het hulle uitgebroei, en hulle het ’n spinnerak bly weef.+ Enigiemand wat van hulle eiers eet, sal sterf, en uit die eier wat stukkend gedruk is, sal ’n adder kom.+  Hulle spinnerak sal nie as ’n kleed dien nie, en ook sal hulle hulle nie met hulle werke bedek nie.+ Hulle werke is skadelike werke, en gewelddadigheid is in hulle palms.+  Hulle voete bly na pure slegtheid hardloop,+ en hulle is haastig om onskuldige bloed te vergiet.+ Hulle gedagtes is skadelike gedagtes;+ plundering en verbreking is op hulle grootpaaie.+  Die weg van vrede+ het hulle geïgnoreer, en daar is geen geregtigheid in hulle spore nie.+ Hulle het hulle paaie vir hulle krom gemaak.+ Niemand wat daarop loop, sal vrede ken nie.+  Daarom is geregtigheid ver van ons af en haal regverdigheid ons nie in nie. Ons bly hoop op lig, maar kyk! duisternis; op ligglans, maar in voortdurende donkerheid het ons bly wandel.+ 10  Ons bly rondtas na die muur net soos blindes, en soos dié wat geen oë het nie, bly ons rondtas.+ Ons het op die middaguur gestruikel net soos in die aandskemering; onder dié wat fris is, is ons net soos dooies.+ 11  Ons kreun almal aanhoudend net soos bere; en soos duiwe bly ons droewig koer.+ Ons het op geregtigheid bly hoop,+ maar dit was nie daar nie; op redding, maar dit het ver van ons af gebly.+ 12  Want ons opstandige dade het baie geword voor u;+ en wat ons sondes betref, elkeen daarvan het teen ons getuig.+ Want ons opstandige dade is by ons; en wat ons oortredings betref, ons ken hulle goed.+ 13  Daar was oortreding en ’n verloëning van Jehovah;+ en daar was ’n terugwyking van ons God, woorde van verdrukking en opstand,+ die uitdink en gemompel van leuenagtige woorde uit die hart.+ 14  En geregtigheid is teruggedring,+ en regverdigheid het eenvoudig ver weg bly staan.+ Want die waarheid het selfs op die openbare plein gestruikel, en wat reg is, kan nie inkom nie.+ 15  En die waarheid ontbreek,+ en elkeen wat van die kwaad afwyk, word geplunder.+ En Jehovah het dit gesien, en dit was sleg in sy oë dat daar geen geregtigheid was nie.+ 16  En toe hy sien dat daar niemand was nie, was hy verbaas dat niemand tussenbeide tree nie.+ En sy arm het namens hom gered, en sy regverdigheid het hom ondersteun.+ 17  Toe het hy regverdigheid soos ’n pantser aangetrek,+ en die helm van redding was op sy kop.+ Verder het hy die klere van wraak as kleding aangetrek+ en hom met ywer omhul asof dit ’n moulose oorkleed is.+ 18  Volgens die dade sal hy dienooreenkomstig vergeld:+ woede aan sy teenstanders, die verdiende behandeling aan sy vyande.+ Aan die eilande sal hy die verdiende behandeling vergeld.+ 19  En van die sonsondergang af sal hulle die naam van Jehovah begin vrees,+ en van die sonsopgang af sy heerlikheid,+ want hy sal kom soos ’n angswekkende rivier, wat deur die gees van Jehovah voortgedryf is.+ 20  “En die Terugkoper+ sal beslis na Sion+ kom, en na dié wat hulle in Jakob van oortreding afkeer”,+ is die woord van Jehovah. 21  “En wat my betref, dit is my verbond met hulle”,+ het Jehovah gesê. “My gees wat op jou is+ en my woorde wat ek in jou mond gelê het+—hulle sal nie weggeneem word uit jou mond of uit die mond van jou nageslag of uit die mond van die nageslag van jou nageslag nie”, het Jehovah gesê, “van nou af selfs tot onbepaalde tyd.”+

Voetnote