Jesaja 6:1-13

6  In die jaar dat koning Ussiʹa gesterf het,+ het ek Jehovah+ op ’n hoë en verhewe troon+ sien sit, en die slippe van sy kleed het die tempel gevul.+  Serafs het bo hom gestaan.+ Elkeen het ses vlerke gehad. Met twee vlerke het hy sy gesig bedek,+ en met twee het hy sy voete bedek, en met twee het hy rondgevlieg.  En die een het die ander toegeroep en gesê: “Heilig, heilig, heilig is Jehovah van die leërs.+ Die volheid van die hele aarde is sy heerlikheid.”  En die spille+ in die drumpels het begin tril van die stem van die een wat roep, en die huis het geleidelik vol rook geword.+  En ek het gesê: “Wee my! Want ek is so goed as tot swye gebring, want ’n man onrein van lippe is ek,+ en ek woon onder ’n volk wat onrein van lippe is;+ want my oë het die Koning, Jehovah van die leërs, gesien!”+  Daarop het een van die serafs na my toe gevlieg, en in sy hand was ’n gloeiende kool+ wat hy met ’n tang van die altaar af geneem het.+  En hy het my mond aangeraak+ en gesê: “Kyk! Dit het jou lippe aangeraak, en jou oortreding het gewyk en jou sonde is versoen.”+  En ek het die stem van Jehovah begin hoor wat sê: “Wie sal ek stuur, en wie sal vir ons gaan?”+ En ek het gesê: “Hier is ek! Stuur my.”+  En hy het gesê: “Gaan, en jy moet vir hierdie volk sê: ‘HOOR keer op keer, maar moenie verstaan nie; en sien keer op keer, maar moenie enige kennis verkry nie.’+ 10  Maak die hart van hierdie volk onontvanklik+ en maak hulle ore ongevoelig+ en plak hulle oë toe, sodat hulle nie met hulle oë sien en met hulle ore hoor nie, en sodat hulle hart nie verstaan nie en sodat hulle nie terugdraai en vir hulle genesing verkry nie.”+ 11  Hierop het ek gesê: “Hoe lank, o Jehovah?”+ Toe het hy gesê: “Totdat die stede in puin stort, om sonder inwoner te wees, en die huise sonder ’n mens is en die land verwoes is tot ’n woesteny,+ 12  en Jehovah die mens ver verwyder, en die verlate toestand baie uitgebreid raak in die land.+ 13  En daar sal nog ’n tiende daarin wees,+ en dit sal weer iets word wat verbrand moet word, soos ’n groot boom en soos ’n yslike boom waarvan daar, wanneer dit afgekap word,+ ’n stomp oorbly;+ ’n heilige saad sal die stomp daarvan wees.”+

Voetnote