Jesaja 60:1-22

60  “Staan op,+ o vrou, versprei lig,+ want jou lig het gekom+ en die heerlikheid van Jehovah het oor jou geskyn.+  Want kyk! duisternis+ sal die aarde oordek, en dik donkerheid die volksgroepe; maar oor jou sal Jehovah skyn, en oor jou sal sy heerlikheid gesien word.+  En nasies sal beslis na jou lig kom,+ en konings+ na die glans van jou skynsel.+  “Slaan jou oë rondom op en kyk! Hulle is almal bymekaargebring;+ hulle het na jou toe gekom.+ Van ver af bly jou seuns kom en jou dogters wat op die heup versorg sal word.+  Dan sal jy dit sien en beslis straal,+ en jou hart sal bewe en verruim word, want die skatte van die see sal hom tot jou wend; die rykdom van die nasies sal na jou toe kom.+  Die deinende massa kamele sal jou oordek, die jong kameelbulle van Miʹdian en van Efa.+ Almal uit Skeba+—hulle sal kom. Goud en wierook sal hulle aandra. En die lofprysinge van Jehovah sal hulle verkondig.+  Al die kuddes van Kedar+—hulle sal by jou bymekaargebring word. Die ramme van Neʹbajot+—hulle sal jou dien.+ Met goedkeuring sal hulle op my altaar kom,+ en ek sal my luisterryke huis versier.+  “Wie is dit wat aangevlieg kom soos ’n wolk,+ en soos duiwe na die openinge van hulle voëlhuis?  Want op my sal die eilande bly hoop,+ asook die skepe van Tarsis+ soos eers, om jou seuns van ver af te bring,+ hulle silwer en hulle goud saam met hulle,+ vir die naam+ van Jehovah jou God en vir die Heilige van Israel,+ omdat hy jou versier het.+ 10  En uitlanders sal jou mure bou,+ en hulle konings sal jou dien;+ want in my verontwaardiging het ek jou geslaan,+ maar in my welwillendheid sal ek jou beslis barmhartig wees.+ 11  “En jou poorte sal voortdurend oopgehou word;+ hulle sal nie bedags of snags toegemaak word nie, sodat die rykdom van die nasies na jou toe gebring kan word,+ en hulle konings sal die leiding neem.+ 12  Want elke nasie en elke koninkryk wat jou nie sal dien nie, sal vergaan; en die nasies sal vir seker verwoes word.+ 13  “Die heerlikheid van die Liʹbanon sal na jou toe kom, die jenewerboom, die esseboom en die sipres tegelyk,+ om die plek van my heiligdom te versier;+ en ek sal die plek van my voete verheerlik.+ 14  “En die seuns van dié wat jou verdruk, moet neergeboë na jou toe kom;+ en almal wat jou met minagting behandel, moet hulle by jou voetsole neerbuig,+ en hulle sal jou die stad van Jehovah, Sion+ van die Heilige van Israel, moet noem. 15  “In plaas daarvan dat jy heeltemal verlate is en gehaat word, sonder dat iemand daar deurtrek,+ sal ek jou ’n trots tot onbepaalde tyd maak, ’n vreugde van geslag tot geslag.+ 16  En jy sal die melk van nasies suig,+ en aan die bors van konings sal jy suig;+ en jy sal vir seker weet dat ek, Jehovah,+ jou Redder+ is en dat die Magtige+ van Jakob jou Terugkoper+ is. 17  In die plek van die koper sal ek goud+ bring, en in die plek van die yster sal ek silwer bring, en in die plek van die hout koper, en in die plek van die klippe yster; en ek sal vrede as jou opsieners aanstel+ en regverdigheid as jou taakgewers.+ 18  “Van geweld sal daar nie meer in jou land gehoor word nie, van geen plundering en verbreking binne jou grense nie.+ En jy sal beslis jou mure Redding+ noem en jou poorte Lof. 19  Vir jou sal die son nie meer bedags ’n lig wees nie, en as glans sal die maan nie meer vir jou lig gee nie. En Jehovah moet vir jou ’n lig word wat tot onbepaalde tyd bestaan,+ en jou God jou prag.+ 20  Jou son sal nie meer ondergaan nie, en ook sal jou maan nie afneem nie; want Jehovah sal vir jou ’n lig word wat tot onbepaalde tyd bestaan,+ en die dae van jou rou sal voltooi wees.+ 21  En wat jou volk betref, hulle sal almal regverdig wees;+ tot onbepaalde tyd sal hulle die land besit,+ die spruit wat deur my geplant is,+ die werk van my hande,+ om prag aan my te verleen.+ 22  Die kleine sal ’n duisend word, en die geringe ’n magtige nasie.+ Ek, Jehovah, sal dit op die regte tyd bespoedig.”+

Voetnote