Jesaja 61:1-11

61  Die gees van die Soewereine Heer Jehovah is op my,+ omdat Jehovah my gesalf het+ om goeie nuus aan die sagmoediges te verkondig.+ Hy het my gestuur om die gebrokenes van hart te verbind,+ om uit te roep dat dié wat gevange geneem is,+ vrygelaat sal word en dat die oë van die gevangenes wyd oopgemaak sal word;+  om die jaar van die welwillendheid van Jehovah+ en die dag van die wraak van ons God+ uit te roep; om al die treurendes te vertroos;+  om aan dié wat oor Sion treur, toe te wys, om aan hulle te gee ’n hooftooisel in plaas van as,+ vreugdeolie+ in plaas van rou, die mantel van lof in plaas van die mismoedige gees;+ en hulle moet groot bome van regverdigheid+ genoem word, wat deur Jehovah geplant is,+ sodat prag aan hom verleen kan word.+  En hulle moet die plekke herbou wat al lank woes lê;+ hulle sal selfs die verlate plekke van vroeër tye oprig,+ en hulle sal beslis die verwoeste stede nuut maak,+ die plekke wat van geslag tot geslag verlate was.  “En vreemdelinge sal staan en julle kuddes oppas,+ en die uitlanders+ sal julle landbouers en julle wingerdarbeiders wees.+  En wat julle betref, julle sal die priesters van Jehovah genoem word;+ die dienaars+ van ons God sal julle genoem word.+ Die rykdom van die nasies sal julle eet,+ en in hulle heerlikheid sal julle uitgelate oor julleself praat.+  In plaas van julle skaamte sal daar ’n dubbele deel+ wees, en in plaas van vernedering sal hulle met vreugde uitroep oor hulle deel.+ Daarom sal hulle in hulle land ’n dubbele deel in besit neem.+ Hulle sal blydskap tot onbepaalde tyd geniet.+  Want ek, Jehovah, het geregtigheid lief;+ ek haat roof tesame met onregverdigheid.+ En ek sal hulle loon in waaragtigheid gee,+ en ’n verbond wat tot onbepaalde tyd duur, sal ek met hulle sluit.+  En hulle nageslag sal bekend wees onder die nasies,+ en hulle nakomelinge onder die volke. Almal wat hulle sien, sal hulle herken,+ dat hulle die nageslag is wat deur Jehovah geseën is.”+ 10  Ek sal my vir seker in Jehovah verheug.+ My siel sal bly wees in my God.+ Want hy het my met die klere van redding beklee;+ met die moulose oorkleed van regverdigheid het hy my omhul,+ soos die bruidegom wat, op priesterlike wyse, ’n hooftooisel ombind,+ en soos die bruid wat haar met sierade versier.+ 11  Want soos die aarde sy uitspruitsel voortbring, en soos die tuin laat uitspruit wat daarin gesaai is,+ so sal die Soewereine Heer Jehovah regverdigheid+ en lof voor al die nasies laat uitspruit.+

Voetnote