Jesaja 62:1-12

62  Ter wille van Sion sal ek nie stilbly nie,+ en ter wille van Jerusalem+ sal ek nie stil wees nie, totdat sy regverdigheid uitbreek net soos die ligglans,+ en sy redding soos ’n brandende fakkel.+  “En die nasies sal beslis jou regverdigheid sien+, o vrou,+ en al die konings jou heerlikheid.+ En jy sal by ’n nuwe naam genoem word,+ wat die mond van Jehovah sal aandui.  En jy moet ’n pragtige kroon in die hand van Jehovah word,+ en ’n koninklike tulband in die palm van jou God.  Daar sal nie meer van jou gesê word dat jy ’n heeltemal verlate vrou is nie;+ en daar sal nie meer van jou land gesê word dat dit ’n woesteny is nie;+ maar jy sal genoem word: My welbehae is in haar,+ en jou land: Besit as ’n vrou. Want Jehovah sal ’n welbehae in jou hê, en jou land sal as ’n vrou besit word.+  Want net soos ’n jong man ’n maagd as sy vrou in besit neem, sal jou kinders jou as ’n vrou in besit neem.+ En met die vreugde van ’n bruidegom oor ’n bruid+ sal jou God hom oor jou verheug.+  Op jou mure, o Jerusalem, het ek wagte aangestel.+ Laat hulle die hele dag en die hele nag, voortdurend, nie stilbly nie.+ “Julle wat van Jehovah melding maak,+ laat daar geen stilswye van julle kant wees nie,+  en moenie voor hom swyg nie, totdat hy Jerusalem stewig vestig, ja, totdat hy dit tot ’n lof op die aarde maak.”+  Jehovah het met sy regterhand+ en met sy sterk arm+ gesweer: “Ek sal jou graan nie meer as voedsel aan jou vyande gee nie,+ en ook sal uitlanders nie jou nuwe wyn drink+ waarvoor jy geswoeg het nie.  Maar dié wat dit insamel, sal dit eet, en hulle sal Jehovah vir seker loof; en dié wat dit bymekaarmaak, sal dit in my heilige voorhowe drink.”+ 10  GAAN UIT, gaan uit deur die poorte. Baan die weg van die volk.+ Vul op, vul die grootpad op. Verwyder die klippe.+ Rig ’n baken op vir die volke.+ 11  Kyk! Jehovah het dit tot die verste deel van die aarde laat hoor:+ “SÊ vir die dogter van Sion:+ ‘Kyk! Jou redding kom.+ Kyk! Die beloning wat hy gee, is by hom,+ en die loon wat hy betaal, gaan voor hom uit.’”+ 12  En die mense sal hulle beslis die heilige volk noem,+ dié wat deur Jehovah teruggekoop is;+ en jy sal genoem word: Gesoekte, ’n Stad wat nie heeltemal verlaat is nie.+

Voetnote