Jesaja 63:1-19

63  Wie is dit wat daar uit Edom+ kom, met klere in gloeiende kleure uit Bosra,+ die een wat eervol in sy kleredrag is, wat in die oorvloed van sy krag optrek? “Ek, die Een wat in regverdigheid spreek,+ die Een wat oorvloedig in reddingskrag is.”+  Waarom is u kleredrag rooi en u klere soos dié van iemand wat die wynpers trap?+  “Die wyntrog het ek alleen getrap,+ terwyl daar niemand uit die volke by my was nie. En ek het hulle bly trap in my toorn,+ en ek het hulle bly vertrap in my woede.+ En hulle spuitende bloed het op my klere bly spat,+ en al my klere het ek besoedel.  Want die dag van wraak is in my hart,+ en die jaar van my teruggekooptes het gekom.  En ek het bly kyk, maar daar was geen helper nie; en ek was verbaas, maar daar was niemand wat steun gebied het nie.+ Daarom het my arm aan my redding verskaf,+ en my woede+ het my ondersteun.  En ek het volke bly vertrap in my toorn, en ek het hulle dronk gemaak met my woede+ en hulle spuitende bloed op die aarde laat afloop.”+  Die liefderyke goedhartighede van Jehovah sal ek vermeld,+ die lofprysinge van Jehovah, ooreenkomstig alles wat Jehovah aan ons bewys het,+ ja, die oorvloedige goedheid teenoor die huis van Israel+ wat hy aan hulle bewys het ooreenkomstig sy barmhartighede+ en ooreenkomstig die oorvloed van sy liefderyke goedhartighede.  En hy het gesê: “Waarlik, hulle is my volk,+ kinders wat nie ontrou sal wees nie.”+ Daarom het hy vir hulle ’n Redder geword.+  In al hulle benoudheid het dit vir hom benoudheid veroorsaak.+ En sy persoonlike boodskapper het hulle gered.+ Deur sy liefde en deur sy medelye het hy hulle teruggekoop,+ en hy het hulle opgetel en hulle gedra, al die dae van die ou tyd.+ 10  Maar hulle het in opstand gekom+ en sy heilige gees gekrenk.+ Hy het toe in hulle vyand+ verander; hy het teen hulle oorlog gevoer.+ 11  En daar is aan die dae van lank gelede gedink, aan sy kneg Moses: “Waar is die Een wat hulle uit die see laat optrek+ het saam met die herders van sy kudde?+ Waar is die Een wat Sy heilige gees in hom geplaas het?+ 12  Die Een wat Sy pragtige arm+ aan die regterhand van Moses laat gaan het; die Een wat die waters voor hulle uit gekloof het+ om vir hom ’n naam te maak wat tot onbepaalde tyd duur;+ 13  die Een wat hulle deur die bruisende waters laat trek het sodat hulle, soos ’n perd in die wildernis, nie gestruikel het nie?+ 14  Net soos wanneer ’n dier in die valleivlakte afgaan, het die gees van Jehovah aan hulle rus verskaf.”+ So het u u volk gelei om vir u ’n pragtige naam te maak.+ 15  Kyk vanuit die hemel+ en aanskou uit u verhewe woning van heiligheid en luisterrykheid.+ Waar is u ywer+ en u volle mag, die beroering van u binneste+ en u barmhartighede?+ Teenoor my het hulle hulle bedwing.+ 16  Want u is ons Vader;+ hoewel Abraham ons miskien nie geken het nie en Israel ons moontlik nie erken nie, is u, o Jehovah, ons Vader. Ons Terugkoper van lank gelede is u naam.+ 17  Waarom laat u, o Jehovah, ons voortdurend van u weë afdwaal? Waarom verhard u ons hart teen die vrees vir u?+ Keer terug ter wille van u knegte, die stamme van u erfbesitting.+ 18  Vir ’n klein rukkie het u heilige volk+ besit gehad. Ons teenstanders het u heiligdom vertrap.+ 19  Ons het lank soos dié geword oor wie u nie geheers het nie, soos dié oor wie u naam nie uitgeroep is nie.+

Voetnote