Jesaja 64:1-12
64 Ag, as u maar die hemel uitmekaar geskeur het, sodat u neergedaal het,+ sodat die berge weens u geskud het,+
2 soos wanneer ’n vuur die fynhout aan die brand steek en die vuur die water laat kook, om u naam aan u teenstanders bekend te maak,+ sodat die nasies weens u in beroering sou wees!+
3 Toe u vreesinboesemende dinge+ gedoen het waarop ons nie kon hoop nie, het u neergedaal. Weens u het die berge geskud.+
4 En van ouds af het niemand gehoor+ of geluister nie, en ook het geen oog ’n God buiten u gesien+ wat optree vir die een wat in afwagting van hom bly nie.+
5 U het die een tegemoetgekom wat hom verheug en regverdigheid beoefen,+ dié wat op u weë aan u bly dink.+
Kyk! U het verontwaardig geraak,+ terwyl ons aangehou sondig het+—’n lang tyd, en sal ons gered word?+
6 En ons word soos ’n onreine, ons almal, en al ons regverdige dade is soos ’n kleed vir menstruasietye;+ en ons sal verwelk soos blare,+ ons almal, en ons oortredings sal ons wegvoer net soos ’n wind.+
7 En daar is niemand wat u naam aanroep nie,+ niemand wat homself opwek om aan u vas te gryp nie; want u het u aangesig vir ons verberg,+ en u laat ons smelt+ deur die krag van ons oortreding.
8 En nou, o Jehovah, u is ons Vader.+ Ons is die klei,+ en u is ons Pottebakker;+ en ons is almal die werk van u hand.+
9 Moenie tot die uiterste verontwaardig wees nie,+ o Jehovah, en moenie vir ewig aan ons oortreding dink nie.+ Kyk tog asseblief: ons is almal u volk.+
10 U heilige stede+ het ’n wildernis geword. Sion+ het ’n algehele wildernis geword, Jerusalem ’n verlate woesteny.+
11 Ons huis van heiligheid en luisterrykheid,+ waarin ons voorvaders u geloof het,+ het iets geword wat met vuur verbrand moet word;+ en al ons begeerlike dinge+ het ’n verwoesting geword.
12 Sal u, met die oog op hierdie dinge, u steeds inhou,+ o Jehovah? Sal u stil wees en toelaat dat ons tot die uiterste geteister word?+