Jesaja 65:1-25

65  “Ek het my laat soek+ deur dié wat nie na my gevra het nie.+ Ek het my laat vind deur dié wat my nie gesoek het nie.+ Ek het gesê: ‘Hier is ek, hier is ek!’+ vir ’n nasie wat my naam nie aangeroep het nie.+  “Ek het my hande die hele dag deur uitgestrek na ’n hardkoppige+ volk, wat op die weg wandel wat nie goed is nie,+ agter hulle gedagtes aan;+  die volk wat bestaan uit dié wat my voortdurend in my aangesig aanstoot gee,+ wat in die tuine offerandes bring+ en op die bakstene offerrook+ laat opgaan,  wat tussen die grafte sit,+ wat ook die nag in die waghutte deurbring, wat varkvleis eet,+ terwyl die sous van bedorwe dinge+ in hulle houers is;  wat sê: ‘Hou jou eenkant. Moenie nader kom na my toe nie, want ek sal beslis heiligheid op jou oordra.’+ Hierdie mense is ’n rook in my neusgate,+ ’n vuur wat die hele dag brand.+  “Kyk! Dit staan voor my geskrywe.+ Ek sal nie stilbly nie,+ maar ek sal dit vergeld;+ ja, ek sal dit vergeld in hulle boesem,+  vir hulle eie oortredings en terselfdertyd vir die oortredings van hulle voorvaders”,+ het Jehovah gesê. “Omdat hulle offerrook op die berge laat opgaan het en my op die heuwels+ gesmaad het,+ sal ek ook hulle loon allereers in hulle boesem uitmeet.”+  Só het Jehovah gesê: “Net soos die nuwe wyn+ in die tros gevind word en iemand moet sê: ‘Moet dit nie verderf nie,+ want daar is ’n seën daarin’,+ so sal ek doen ter wille van my knegte om nie almal te verderf nie.+  En ek sal uit Jakob ’n nageslag voortbring+ en uit Juda die erfbesitter van my berge;+ en my uitverkorenes moet dit in besit neem,+ en my knegte sal daar woon.+ 10  En Saron+ moet ’n weiveld vir skape word+ en die Agorlaagvlakte+ ’n rusplek vir beeste, vir my volk wat my gesoek het.+ 11  “Maar julle is dié wat Jehovah verlaat,+ wat my heilige berg vergeet,+ wat ’n tafel vir die Geluksgod dek+ en wat gemengde wyn vir die god van die Noodlot skink.+ 12  En ek sal julle vir die swaard bestem,+ en julle sal almal buig om geslag te word;+ want ek het geroep,+ maar julle het nie geantwoord nie, ek het gepraat, maar julle het nie geluister nie;+ en julle het bly doen wat sleg was in my oë+ en gekies wat my glad nie behaag het nie.”+ 13  Daarom, só het die Soewereine Heer Jehovah gesê: “Kyk! My knegte sal eet,+ maar julle sal honger ly.+ Kyk! My knegte sal drink,+ maar julle sal dors wees.+ Kyk! My knegte sal bly wees,+ maar julle sal beskaamd staan.+ 14  Kyk! My knegte sal met vreugde uitroep weens die goeie toestand van die hart,+ maar julle sal skreeu weens die pyn in die hart en weeklaag weens die verbreking van gees.+ 15  En julle sal julle naam beslis by my uitverkorenes vir ’n eed agterlaat, en die Soewereine Heer Jehovah sal julle elkeen afsonderlik doodmaak,+ maar sy knegte sal hy by ’n ander naam noem,+ 16  sodat elkeen wat homself op die aarde seën, hom deur die God van trou sal seën,+ en elkeen wat ’n beëdigde verklaring op die aarde aflê, by die God van trou sal sweer;+ omdat die vorige benoudhede vergete sal wees en omdat hulle vir my oë verborge sal wees.+ 17  “Want kyk, ek skep nuwe hemele+ en ’n nuwe aarde;+ en die vorige dinge sal nie onthou word nie,+ en ook sal dit nie in die hart opkom nie.+ 18  Maar verheug julle+ en wees vir ewig bly oor wat ek skep.+ Want kyk, ek skep Jerusalem as ’n rede tot blydskap en sy volk as ’n rede tot vreugde.+ 19  En ek sal bly wees oor Jerusalem en my verheug oor my volk;+ en daarin sal nie meer die geluid van gehuil of die geluid van ’n klaaggeroep gehoor word nie.”+ 20  “Daarvandaan sal nie meer ’n suigeling van ’n paar dae kom nie,+ en ook nie ’n ou man wat nie sy dae vervul nie;+ want iemand sal as ’n blote seun sterf, al is hy honderd jaar oud; en wat die sondaar betref, al is hy honderd jaar oud, sal ’n vloek oor hom uitgespreek word.+ 21  En hulle sal beslis huise bou en dit bewoon;+ en hulle sal beslis wingerde plant en die vrug daarvan eet.+ 22  Hulle sal nie bou sodat iemand anders dit bewoon nie; hulle sal nie plant sodat iemand anders dit eet nie. Want die dae van my volk sal wees soos die dae van ’n boom;+ en die werk van hulle eie hande sal my uitverkorenes ten volle benut.+ 23  Hulle sal nie verniet swoeg nie,+ en ook sal hulle nie vir ontsteltenis geboorte gee nie;+ want hulle is die nageslag wat uit die geseëndes van Jehovah bestaan,+ en hulle nakomelinge saam met hulle.+ 24  En voordat hulle roep, sal ek antwoord;+ terwyl hulle nog praat, sal ek hoor.+ 25  “Die wolf+ en die lam sal saam wei,+ en die leeu sal strooi eet net soos die bul;+ en wat die slang betref, stof sal sy voedsel wees.+ Hulle sal geen kwaad doen+ of enige verderf aanrig op my hele heilige berg nie”,+ het Jehovah gesê.

Voetnote