Jesaja 66:1-24

66  Só het Jehovah gesê: “Die hemel is my troon+ en die aarde is my voetbank.+ Waar is die huis dan wat julle vir my kan bou,+ en waar is die plek dan wat my rusplek sal wees?”+  “En al hierdie dinge het my hand gemaak, sodat dit alles ontstaan het”,+ is die woord van Jehovah. “Op dié een sal ek dan let, op die een wat geteister en verslae van gees is+ en wat vir my woord bewe.+  “Wie die bul slag, is soos hy wat ’n man doodmaak.+ Wie die skaap slag, is soos hy wat die nek van ’n hond breek.+ Wie ’n gawe offer—dit is varkbloed!+ Wie ’n gedenkoffer van wierook bring,+ is soos hy wat ’n seën met towerwoorde uitspreek.+ Hulle het ook hulle eie weë verkies, en in hulle walglike dinge het hulle siel behae geskep.+  Ek sal op my beurt maniere kies om hulle sleg te behandel;+ en die dinge wat vir hulle skrikwekkend is, sal ek oor hulle bring;+ want ek het geroep, maar niemand het geantwoord nie, ek het gepraat, maar niemand het geluister nie;+ en hulle het bly doen wat sleg was in my oë en gekies wat my glad nie behaag het nie.”+  Hoor die woord van Jehovah, julle wat vir sy woord bewe:+ “Julle broers wat julle haat,+ wat julle weens my naam verstoot,+ het gesê: ‘Mag Jehovah verheerlik word!’+ Hy moet ook verskyn met blydskap van julle kant,+ en húlle sal beskaamd gemaak word.”+  Daar is ’n geluid van ’n opskudding uit die stad, ’n geluid uit die tempel!+ Dit is die geluid van Jehovah wat sy vyande hulle verdiende loon gee.+  Voordat sy geboortepyne begin kry het, het sy geboorte gegee.+ Voordat geboortepyne oor haar kon kom, is sy van ’n seun verlos.+  Wie het so iets gehoor?+ Wie het sulke dinge gesien?+ Sal ’n land+ op een dag met geboortepyne voortgebring word?+ Of sal ’n nasie+ met een slag gebore word?+ Want Sion het geboortepyne begin kry sowel as geboorte gegee aan haar kinders.  “Wat my betref, sou ek die moederskoot laat oopgaan en nie die geboorte laat plaasvind nie?”+ sê Jehovah. “Of laat ek ’n geboorte plaasvind en sluit ek die moederskoot toe?” het jou God gesê. 10  Verbly julle saam met Jerusalem en wees bly saam met haar,+ almal wat haar liefhet.+ Verheug julle grootliks saam met haar, almal wat oor haar bly treur;+ 11  omdat julle sal suig en beslis versadig sal word aan die bors van haar volle vertroosting; omdat julle met klein slukkies sal drink en julle sal verlustig aan die tepel van haar heerlikheid.+ 12  Want só het Jehovah gesê: “Kyk, ek skenk aan haar vrede soos ’n rivier+ en die heerlikheid van nasies soos ’n oorlopende stroom,+ en julle sal beslis suig.+ Op die heup sal julle gedra word en op die knieë sal julle getroetel word.+ 13  Soos ’n man wat voortdurend deur sy moeder vertroos word, so sal ek julle voortdurend vertroos;+ en in die geval van Jerusalem sal julle vertroos word.+ 14  En julle sal beslis sien, en julle hart sal sekerlik jubel,+ en julle gebeente+ sal net soos jong gras uitspruit.+ En die hand van Jehovah sal beslis aan sy knegte bekend gemaak word,+ maar hy sal sy vyande veroordeel.”+ 15  “Want kyk, Jehovah kom soos ’n vuur,+ en sy strydwaens is soos ’n stormwind,+ om sy toorn met woede te vergeld en sy bestrawwing met vuurvlamme.+ 16  Want soos vuur sal Jehovah inderdaad die geskil opneem, ja, met sy swaard,+ teen alle vlees; en dié wat deur Jehovah omgebring word, sal beslis baie word.+ 17  Dié wat hulleself heilig en hulleself reinig vir die tuine+ agter een wat in die middel is, wat varkvleis+ en weersinwekkende dinge eet, selfs springmuise,+ hulle almal sal saam aan hulle einde kom”, is die woord van Jehovah. 18  “En wat hulle werke+ en hulle gedagtes+ betref, ek kom om al die nasies en tale bymekaar te bring;+ en hulle sal moet kom en my heerlikheid moet sien.”+ 19  “En ek sal ’n teken onder hulle stel,+ en ek sal van dié wat ontkom het, na die nasies stuur,+ na Tarsis,+ Pul en Lud,+ wat die boog span, Tubal en Jawan,+ die afgeleë eilande,+ wat nie ’n berig oor my gehoor het of my heerlikheid gesien het nie;+ en hulle sal vir seker my heerlikheid onder die nasies verkondig.+ 20  En hulle sal al julle broers uit al die nasies+ as ’n gawe aan Jehovah bring,+ op perde en op waens en op oordekte waens en op muile en op vinnige kameelkoeie,+ na my heilige berg,+ Jerusalem”, het Jehovah gesê, “net soos wanneer die kinders van Israel die gawe in ’n rein houer in die huis van Jehovah bring.”+ 21  “En ook uit hulle sal ek party neem vir die priesters, vir die Leviete”, het Jehovah gesê. 22  “Want net soos die nuwe hemele+ en die nuwe aarde+ wat ek maak, voor my aangesig bestaan”,+ is die woord van Jehovah, “so sal julle nageslag+ en julle naam bly bestaan.”+ 23  “En van nuwemaan tot nuwemaan en van sabbat tot sabbat sal alle vlees beslis kom om hulle voor my neer te buig”,+ het Jehovah gesê. 24  “En hulle sal uitgaan en die lyke aanskou van die mense wat teen my oortree het;+ want die wurms op hulle sal nie sterf nie en hulle vuur sal nie uitgeblus word nie,+ en hulle moet iets afstootliks vir alle vlees word.”+

Voetnote