Jesaja 7:1-25

7  En in die dae van Agas,+ die seun van Jotam, die seun van Ussiʹa, die koning van Juda, het Resin,+ die koning van Sirië, en Peka,+ die seun van Remaʹlia, die koning van Israel, na Jerusalem opgetrek om daarteen oorlog te voer, en hy kon nie daarteen veg nie.+  En ’n berig is aan die huis van Dawid gestuur met die woorde: “Sirië het op Eʹfraim gesteun.”+ En sy hart en die hart van sy volk het begin bewe, soos die bome van die woud bewe weens die wind.+  En Jehovah het vir Jesaja gesê: “Gaan asseblief uit om Agas te ontmoet, jy en jou seun Sear-Jasub,+ na die end van die leikanaal+ van die boonste dam langs die grootpad van die wassersveld.+  En jy moet vir hom sê: ‘Let op jouself en bly rustig.+ Moenie bang wees nie, en moenie jou hart vreesagtig laat wees+ weens die twee punte van hierdie rokende stompe, weens die brandende toorn van Resin en Sirië en die seun van Remaʹlia nie,+  omdat Sirië met Eʹfraim en die seun van Remaʹlia kwaad teen jou beplan het deur te sê:  “Laat ons teen Juda optrek en dit uitmekaar skeur en deurbreek om dit vir ons te neem; en kom ons laat ’n ander koning daarin regeer, die seun van Taʹbeël.”+  “‘Só het die Soewereine Heer Jehovah gesê: “Dit sal nie tot stand kom nie, en dit sal nie gebeur nie.+  Want die hoof van Sirië is Damaskus en die hoof van Damaskus is Resin; en binne slegs vyf-en-sestig jaar sal Eʹfraim verpletter word, sodat dit geen volk meer is nie.+  En die hoof van Eʹfraim is Samariʹa,+ en die hoof van Samariʹa is die seun van Remaʹlia.+ As julle nie geloof het nie, sal julle nie lank bly bestaan nie.”’”+ 10  En Jehovah het nog verder met Agas gepraat en gesê: 11  “Vra vir jou ’n teken van Jehovah jou God,+ en maak dit so diep soos Sjeool of maak dit so hoog soos die streke daar bo.” 12  Maar Agas het gesê: “Ek sal nie vra nie, en ook sal ek Jehovah nie op die proef stel nie.” 13  En hy het gesê: “Luister asseblief, o huis van Dawid. Is dit vir julle so ’n kleinigheid om mense te vermoei, dat julle ook my God moet vermoei?+ 14  Daarom sal Jehovah self vir julle ’n teken gee: Kyk! Die jong vrou+ sal swanger word,+ en sy gee geboorte aan ’n seun,+ en sy sal hom beslis Immaʹnuel noem. 15  Botter en heuning sal hy eet teen die tyd dat hy weet om die slegte te verwerp en die goeie te kies.+ 16  Want voordat die seun sal weet om die slegte te verwerp en die goeie te kies,+ sal die land van die twee konings vir wie jy ’n ontsettende vrees het, heeltemal verlate wees.+ 17  Jehovah sal teen jou+ en teen jou volk en teen die huis van jou vader dae bring soos daar nie gekom het sedert die dag toe Eʹfraim van Juda+ se sy gewyk het nie,+ naamlik die koning van Assiʹrië. 18  “En in dié dag sal Jehovah fluit vir die vlieë wat aan die einde van die Nylkanale van Egipte is en vir die bye+ wat in die land Assiʹrië is,+ 19  en hulle sal almal beslis kom en gaan sit in die steil stroomvalleie en in die klowe van die kranse en op al die doringbosse en op al die drinkplekke.+ 20  “In dié dag sal Jehovah deur middel van ’n gehuurde skeermes in die streek van die Rivier,+ ja, deur middel van die koning van Assiʹrië,+ die kop en die hare van die voete afskeer, en dit sal selfs die baard wegvee.+ 21  “En in dié dag sal ’n man ’n jong koei uit die kudde en twee skape in die lewe hou.+ 22  En weens die oorvloed van melk wat gelewer word, sal hy botter eet; want botter en heuning+ sal almal eet wat in die land oorgebly het. 23  “En in dié dag sal elke plek waar duisend wingerdstokke gestaan het, wat duisend silwerstukke werd was,+ vir die doringbosse en vir die onkruid wees.+ 24  Met pyle en die boog sal hy daarheen kom,+ want die hele land sal net doringbosse en onkruid word. 25  En al die berge waar lastige plante voorheen met ’n skoffel verwyder is—jy sal daar nie kom nie uit vrees vir doringbosse en onkruid; en dit sal beslis ’n plek word om bulle los te laat en om deur skape vertrap te word.”+

Voetnote