Jesaja 8:1-22

8  En Jehovah het verder vir my gesê: “Neem vir jou ’n groot tafel+ en skryf daarop met die stif van ’n sterflike mens: ‘Maherʹ-Salalʹ-Has-Bas.’  En laat ek vir my getuienis+ verkry deur getroue getuies:+ die priester Uriʹa+ en Sagariʹa, die seun van Jeberegʹja.”  Toe het ek by die profetes gekom, en sy het swanger geword en na verloop van tyd geboorte gegee aan ’n seun.+ Jehovah het toe vir my gesê: “Noem hom Maherʹ-Salalʹ-Has-Bas,  want voordat die seun sal weet om te roep:+ ‘My vader!’ en ‘My moeder!’ sal die rykdom van Damaskus en die buit van Samariʹa voor die koning van Assiʹrië weggedra word.”+  En Jehovah het nog verder met my gepraat en gesê:  “Omdat hierdie volk die waters van die Siloʹa+ verwerp het,+ wat saggies vloei, en daar vreugde+ oor Resin en die seun van Remaʹlia is,+  kyk! daarom laat Jehovah die magtige en die baie waters van die Rivier+ teen hulle opkom,+ die koning van Assiʹrië+ en al sy heerlikheid.+ En hy sal beslis bo al sy stroombeddings styg en oor al sy oewers gaan  en dwarsdeur Juda beweeg.+ Hy sal oorstroom en oorloop. Tot aan die nek sal hy reik.+ En die uitspreiding van sy vlerke+ sal die breedte van jou land vul, o Immaʹnuel!”+  Rig skade aan, o volke, en word verpletter; en luister, almal wat in verafgeleë dele van die aarde is!+ Omgord julle+ en word verpletter!+ Omgord julle en word verpletter! 10  Beraam ’n plan, en dit sal verbreek word!+ Spreek ’n woord, en dit sal nie tot stand kom nie, want God is met ons!+ 11  Want so het Jehovah met die sterkte van sy hand vir my gesê, om my daarvan af te bring om in die weg van hierdie volk te wandel, naamlik: 12  “Julle moenie sê: ‘’n Sameswering!’ met betrekking tot alles waarvan hierdie volk bly sê: ‘’n Sameswering!’+ nie, en die voorwerp van hulle vrees moet julle nie vrees of daarvoor bewe nie.+ 13  Jehovah van die leërs—Hom moet julle as heilig beskou,+ en hy moet die voorwerp van julle vrees wees,+ en hy moet julle laat bewe.”+ 14  En hy moet ’n heilige plek word;+ maar ’n steen om teen te stamp en ’n rots om oor te struikel+ vir die twee huise van Israel, ’n val en ’n strik vir die inwoners van Jerusalem.+ 15  En baie onder hulle sal beslis struikel en val en verbreek word en sal verstrik en gevang word.+ 16  Draai die getuienis toe,+ plaas ’n seël om die wet onder my dissipels!+ 17  En ek sal in afwagting bly van Jehovah,+ wat sy aangesig vir die huis van Jakob verberg,+ en ek sal op hom hoop.+ 18  Kyk! Ek en die kinders wat Jehovah my gegee het,+ is tekens+ en wonderwerke in Israel vanweë Jehovah van die leërs, wat op die berg Sion woon.+ 19  En as hulle vir julle sou sê: “Wend julle tot die spiritistiese mediums+ of tot dié wat ’n voorspellende gees het, wat piep+ en mompel”—moet ’n volk hom nie tot sy God wend nie?+ Moet mense hulle wend tot die dooies ten behoewe van die lewendes?+ 20  Tot die wet en tot die getuienis!+ Waarlik, hulle sal bly praat volgens hierdie verklaring+ wat geen lig van die dagbreek sal hê nie.+ 21  En elkeen sal beslis gekneld en honger deur die land trek;+ en omdat hy honger is en homself verontwaardig laat voel het, sal hy ’n vloek oor sy koning en oor sy God uitspreek+ en beslis na bo tuur. 22  En die aarde sal hy aanskou, en kyk! benoudheid en duisternis,+ donkerte, moeilike tye en somberheid sonder enige helderheid.+

Voetnote