Jesaja 9:1-21

9  Maar die donkerte sal nie wees soos toe die land in benoudheid was nie, soos in die vroeëre tyd toe die land van Seʹbulon en die land van Nafʹtali+ met veragting bejeën is en toe dit in die latere tyd tot eer gebring is+—die weg aan die see, in die Jordaanstreek, Galileʹa van die nasies.+  Die volk wat in die duisternis gewandel het, het ’n groot lig gesien.+ Dié wat in die land van diep skaduwee gewoon het,+ oor hulle het lig geskyn.+  U het die nasie vermenigvuldig;+ u het hulle blydskap groot gemaak.+ Hulle het hulle voor u verbly soos met die blydskap in die oestyd,+ soos dié wat bly is wanneer hulle die buit verdeel.+  Want die juk van hulle vrag+ en die stok op hulle skouers, die staf van die een wat hulle dryf om te werk,+ het u verpletter soos op die dag van Miʹdian.+  Want elke stewel van die een wat dreunend stamp+ en die mantel wat in bloed gerol is, moet verbrand word as voedsel vir die vuur.+  Want ’n kind is vir ons gebore,+ ’n seun is vir ons gegee;+ en die vorstelike heerskappy sal op sy skouer wees.+ En hy sal genoem word: Wonderlike Raadgewer,+ Magtige God,+ Ewige Vader,+ Vredevors.+  Aan die oorvloed van die vorstelike heerskappy+ en aan vrede sal daar geen einde wees nie,+ op die troon van Dawid+ en oor sy koninkryk om dit stewig te vestig+ en om dit deur middel van geregtigheid+ en deur middel van regverdigheid+ in stand te hou, van nou af en tot onbepaalde tyd. Die ywer van Jehovah van die leërs sal dit doen.+  Jehovah het ’n woord teen Jakob gestuur, en dit het op Israel geval.+  En die volk sal dit beslis weet,+ ja, hulle almal, Eʹfraim en die inwoner van Samariʹa,+ weens hulle hoogmoed en weens die vermetelheid van hulle hart deurdat hulle sê:+ 10  “Bakstene het geval, maar met gekapte klip+ sal ons bou. Wildevyebome+ is afgekap, maar met seders sal ons dit vervang.” 11  En Jehovah sal Resin se teenstanders teen hom verhef, en sy vyande sal hy aanhits:+ 12  Sirië uit die ooste+ en die Filistyne van agter,+ en hulle sal Israel met ’n oop mond opeet.+ Met die oog op dit alles het sy toorn nie gewyk nie, maar bly sy hand uitgesteek.+ 13  En die volk het nie teruggekeer tot die Een wat hulle slaan nie,+ en hulle het Jehovah van die leërs nie gesoek nie.+ 14  En Jehovah sal van Israel kop+ en stert,+ loot en biesie, op een dag afsny.+ 15  Die bejaarde en hooggeagte is die kop,+ en die profeet wat valse onderrig gee, is die stert.+ 16  En dié wat hierdie volk lei, is dié wat hulle laat dwaal;+ en dié van hulle wat gelei word, is dié wat verward raak.+ 17  Daarom sal Jehovah nie eens oor hulle jong manne bly wees nie,+ en aan hulle vaderlose seuns en hulle weduwees sal hy geen barmhartigheid bewys nie; want hulle is almal afvalliges+ en kwaaddoeners en elke mond spreek onsinnigheid. Met die oog op dit alles het sy toorn nie gewyk nie, maar bly sy hand uitgesteek.+ 18  Want die goddeloosheid het ontvlam net soos ’n vuur;+ dit sal doringbosse en onkruid verteer.+ En dit sal in die struikgewasse van die woud vlam vat,+ en hulle sal omhoog gevoer word soos ’n rookwolk wat opstyg.+ 19  In die grimmigheid van Jehovah van die leërs is die land aan die brand gesteek, en die volk sal soos voedsel vir die vuur word.+ Niemand sal selfs met sy broer medelye hê nie.+ 20  En hulle sal aan die regterkant afsny en beslis honger wees; en hulle sal aan die linkerkant eet en beslis nie versadig word nie.+ Hulle sal elkeen die vlees van sy eie arm eet:+ 21  Manasʹse vir Eʹfraim, en Eʹfraim vir Manasʹse. Saam sal hulle teen Juda wees.+ Met die oog op dit alles het sy toorn nie gewyk nie, maar bly sy hand uitgesteek.+

Voetnote