Job 1:1-22

1  Daar was ’n man in die land Us+ met die naam Job;+ en dié man was onberispelik+ en regskape+ en het God gevrees+ en afgewyk van die kwaad.+  En daar is sewe seuns en drie dogters vir hom gebore.+  En sy vee+ het bestaan uit seweduisend skape en drieduisend kamele en vyfhonderd spanne beeste en vyfhonderd eselinne, tesame met ’n baie groot groep knegte; en dié man het die grootste van al die Oosterlinge+ geword.  En sy seuns het gegaan en ’n feesmaal gehou+ in elkeen se huis op sy dag; en hulle het gestuur en hulle drie susters genooi om saam met hulle te eet en te drink.  En wanneer die dae van die feesmaal dan die kring voltooi het, het Job gestuur en hulle geheilig;+ en hy het die oggend vroeg opgestaan en brandoffers+ gebring ooreenkomstig die getal van hulle almal; want, het Job gesê, “miskien het my seuns gesondig en God in hulle hart+ vervloek”.+ So het Job altyd gedoen.+  En die dag het aangebreek waarop die seuns van die ware God+ ingekom het om hulle plek voor Jehovah in te neem,+ en selfs Satan+ het tussen hulle ingekom.+  Toe het Jehovah vir Satan gesê: “Waar kom jy vandaan?” Daarop het Satan Jehovah geantwoord en gesê: “Van ’n swerftog oor die aarde+ waarop ek rondgewandel het.”+  En Jehovah het vir Satan gesê: “Het jy jou hart op my kneg Job gerig, dat daar niemand soos hy op die aarde is nie,+ ’n onberispelike+ en regskape+ man, wat God vrees+ en afwyk van die kwaad?”+  Daarop het Satan Jehovah geantwoord en gesê: “Is dit verniet dat Job God gevrees het?+ 10  Het u nie self om hom en om sy huis en om alles wat hy het, aan alle kante, ’n heining geplaas nie?+ Die werk van sy hande het u geseën,+ en sy vee het op die aarde toegeneem. 11  Maar steek vir ’n verandering asseblief u hand uit en raak alles aan wat hy het en kyk of hy u nie in u aangesig sal vervloek nie.”+ 12  Daarop het Jehovah vir Satan gesê: “Kyk! Alles wat hy het, is in jou hand. Net teen hom self moet jy nie jou hand uitsteek nie!” Toe het Satan van die aangesig van Jehovah af weggegaan.+ 13  En die dag het aangebreek waarop sy seuns en sy dogters in die huis van hulle broer, die eersgeborene, geëet en wyn gedrink het.+ 14  En ’n boodskapper+ het na Job toe gekom, en hy het gesê: “Die beeste was aan die ploeg+ en die eselinne was langs hulle aan die wei 15  toe die Sabeërs+ ’n inval gedoen en hulle weggeneem het, en hulle het die dienaars met die skerpte van die swaard verslaan; en ek het ontvlug, net ek alleen, om dit vir u te vertel.”+ 16  Terwyl hierdie een nog gepraat het, het ’n ander een gekom en gesê: “Die vuur van God het uit die hemel geval+ en gebrand onder die skape en die dienaars en hulle verteer; en ek het ontvlug, net ek alleen, om dit vir u te vertel.” 17  Terwyl dié een nog gepraat het, het ’n ander een gekom en gesê: “Die Galdeërs+ het drie afdelings gevorm en op die kamele afgestorm en hulle weggeneem, en hulle het die dienaars met die skerpte van die swaard verslaan; en ek het ontvlug, net ek alleen, om dit vir u te vertel.” 18  Terwyl hierdie een nog gepraat het, het nog ’n ander een gekom en gesê: “U seuns en u dogters het in die huis van hulle broer, die eersgeborene, geëet en wyn gedrink.+ 19  En kyk! ’n sterk wind+ het uit die gebied van die wildernis gekom, en dit het die vier hoeke van die huis getref, sodat dit op die jong mense geval het en hulle gesterf het. En ek het ontvlug, net ek alleen, om dit vir u te vertel.” 20  En Job het opgestaan en sy moulose oorkleed geskeur+ en die hare+ van sy kop afgeskeer en op die aarde geval+ en hom neergebuig+ 21  en gesê: “Naak het ek uit my moeder se skoot gekom,+En naak sal ek daarheen terugkeer.+Jehovah het gegee,+ en Jehovah het weggeneem.+Laat die naam van Jehovah voortdurend geloof word.”+ 22  In dit alles het Job nie gesondig of enigiets ongepas aan God toegeskryf nie.+

Voetnote