Job 10:1-22

10  “My siel het beslis ’n weersin in my lewe.+Ek sal uiting gee aan my besorgdheid oor myself.Ek sal in die bitterheid van my siel praat!   Ek sal vir God sê: ‘Moet my nie goddeloos verklaar nie.Maak aan my bekend waarom u met my twis.   Is dit goed vir u dat u onreg sou doen,+Dat u die vrug van die harde werk van u hande sou verwerp+En dat u oor die raad van die goddeloses lig sou laat skyn?   Het u oë+ van vlees,Of sien u soos ’n sterflike mens sien?+   Is u dae soos die dae van ’n sterflike mens,+Of u jare net soos die dae van ’n man,   Dat u my oortreding sou probeer vindEn na my sonde sou bly soek?+   Dit, al weet u dat ek nie verkeerd is nie+En daar niemand is wat uit u hand verlos nie?+   U hande het my gevorm sodat hulle my gemaak het,+Heeltemal rondom, en tog wil u my verswelg.   Dink asseblief daaraan dat u my uit klei+ gemaak hetEn my tot stof sal laat terugkeer.+ 10  Het u my nie soos melk uitgegietEn my soos kaas laat dik word nie?+ 11  Met vel en vlees het u my bekleeEn met beendere en senings my aanmekaargeweef.+ 12  Lewe en liefderyke goedhartigheid het u vir my bewerk;+En u sorg+ het my gees bewaak. 13  En hierdie dinge het u in u hart verberg.Ek weet goed dat hierdie dinge by u is. 14  As ek gesondig het en u voortdurend op my ag gegee het+En u my met betrekking tot my oortreding nie onskuldig ag nie;+ 15  As ek verkeerd is, wee my!+En as ek reg is, mag ek my kop nie oplig nie,+Oorversadig van oneer en deurdrenk van ellende.+ 16  En as dit hoogmoedig handel,+ sal u soos ’n jong leeu op my jag maak,+En u sal in my geval weer wys dat u wonderbaar is. 17  U sal u nuwe getuies voor my bring,En u sal u ergernis teen my groter maak;Teëspoed op teëspoed is by my. 18  Waarom het u my dan uit ’n moederskoot laat kom?+As ek maar kon gesterf het, sodat geen oog my kon sien nie, 19  Daar moes ek geword het asof ek nooit bestaan het nie;Van die moederskoot af moes ek na die graf gebring gewees het.’ 20  Is my dae nie min nie?+ Laat hy ophou,Laat hy sy blik van my afwend, sodat ek ’n bietjie vrolik+ kan wees 21  Voordat ek weggaan—en ek sal nie terugkom nie+Na die land van duisternis en diep skaduwee,+ 22  Na die land waar die duisternis soos die donkerheid is, die land van diep skaduweeEn wanorde, waar dit net so min as die donkerheid straal.”

Voetnote