Job 11:1-20

11  En Sofar, die Naämatiet,+ het geantwoord en gesê:   “Sal ’n menigte woorde onbeantwoord bly,Of sal ’n blote grootprater reg wees?   Sal jou leë praatjies manne tot swye bring,En sal jy bly spot sonder dat iemand jou bestraf?+   Ook sê jy: ‘My onderrig+ is suiwer,En ek was werklik rein+ in u oë.’   Maar ag, as God maar sou praatEn sy lippe teenoor jou open!+   Dan sou hy jou die geheime van wysheid vertel,Want die dinge van praktiese wysheid is menigvuldig.Ook sou jy weet dat God toelaat dat ’n deel van jou oortreding vir jou vergeet word.+   Kan jy die diep dinge van God deurgrond,+Of kan jy die Almagtige tot die uiterste deurgrond?   Dit is hoër as die hemel. Wat kan jy uitrig?Dit is dieper as Sjeool.+ Wat kan jy weet?   Langer as die aarde is die afmetings daarvan,En breër as die see. 10  As hy verder gaan en iemand oorlewerEn ’n hofsitting byeenroep, wie kan hom dan teëstaan? 11  Want hy ken die leuenagtige manne goed.+Sal hy nie ook ag gee wanneer hy sien wat skadelik is nie? 12  Selfs ’n leeghoofdige man sal ’n goeie beweegrede krySodra ’n eselagtige sebra as ’n mens gebore word. 13  As jy werklik jou hart voorbereiEn jou palms na hom uitstrek,+ 14  As wat skadelik is, in jou hand is, moet jy dit ver weg verwyder,En laat geen onregverdigheid in jou tente woon nie. 15  Want dan sal jy jou aangesig sonder smet ophef,+En jy sal beslis bevestig word, en jy sal nie vrees nie. 16  Want jy—jy sal moeite vergeet;Soos aan waters wat verbygevloei het, sal jy daaraan dink. 17  En helderder as die middag sal jou lewensduur+ oprys;Die duisternis sal soos die oggend word.+ 18  En jy sal sekerlik vertrou omdat daar hoop bestaan;En jy sal beslis noukeurig rondkyk—in veiligheid sal jy gaan lê.+ 19  En jy sal jou inderdaad uitstrek, sonder dat iemand jou laat bewe.En baie mense sal jou beslis in ’n vriendelike stemming bring;+ 20  En die oë van die goddeloses sal ingee;+En ’n toevlugsoord sal beslis vir hulle verlore gaan,+En hulle hoop sal ’n afsterwing van die siel wees.”+

Voetnote