Job 12:1-25

12  En Job het geantwoord en gesê:   “Waarlik, julle is die volk,En met julle sal die wysheid uitsterf!+   Ook ek het ’n hart+ net soos julle.Ek staan nie vir julle terug nie,+En by wie is daar nie sulke dinge nie?   Ek word iemand wat ’n voorwerp van bespotting vir sy medemens is,+Iemand wat God aanroep sodat hy hom sou antwoord.+’n Voorwerp van bespotting is die regverdige, die onberispelike.   In sy gedagte verag die sorgelose ondergang;+Dit is berei vir dié met wankelende voete.+   Die tente van die plunderaars is onbesorg,+En dié wat God se woede verwek, het die veiligheidWat behoort aan iemand wat ’n god in sy hand gebring het.+   Maar vra asseblief die mak diere, en hulle sal jou onderrig;+Ook die voëls van die hemel, en hulle sal jou vertel.+   Of rig jou aandag op die aarde, en dit sal jou onderrig;+En die visse van die see+ sal dit aan jou bekend maak.   Wie onder hulle almal weet nie goedDat die hand van Jehovah dit gedoen het nie,+ 10  In wie se hand die siel+ is van almal wat lewe,En die gees van alle menslike vlees?+ 11  Toets die oor nie woorde+Soos die verhemelte+ voedsel proe nie? 12  Is daar nie wysheid onder die bejaardes+En verstand in lengte van dae nie? 13  By hom is wysheid en mag;+Hy het raad en verstand.+ 14  Kyk! Hy breek af, sodat daar nie opgebou word nie;+Hy sluit dit vir die mens, sodat dit nie oopgemaak word nie.+ 15  Kyk! Hy hou die waters terug, en hulle droog op;+En hy stuur hulle, en hulle verander die aarde.+ 16  By hom is sterkte en praktiese wysheid;+Aan hom behoort die een wat ’n fout begaan en die een wat ander op ’n dwaalspoor bring;+ 17  Hy laat raadgewers kaalvoet loop,+En hy laat regters waansinnig word. 18  Die boeie van konings maak hy los,+En hy bind ’n gordel om hulle heupe. 19  Hy laat priesters kaalvoet loop,+En dié wat permanent gesetel is, werp hy omver;+ 20  Hy verwyder die spraak van die getroues,En die verstandigheid van ou manne neem hy weg; 21  Hy stort veragting op edeles uit,+En die gordel van die magtiges maak hy slap; 22  Hy lê diep dinge uit die duisternis bloot,+En hy bring diep skaduwee uit in die lig; 23  Hy laat die nasies groot word, sodat hy hulle kan vernietig;+Hy brei die nasies uit, sodat hy hulle kan wegvoer; 24  Hy neem die hart van die volkshoofde van die land weg,Sodat hy hulle kan laat ronddwaal in ’n leë plek,+ waar daar geen pad is nie. 25  Hulle tas in die duisternis rond,+ waar daar geen lig is nie,Sodat hy hulle kan laat ronddwaal soos ’n dronk man.+

Voetnote