Job 13:1-28

13  “Kyk! Dit alles het my oog gesien,My oor het dit gehoor en gee ag daarop.   Wat julle weet, weet ek ook goed;Ek staan nie vir julle terug nie.+   Maar ék sou met die Almagtige wou praat,+En ek sou behae daarin skep om met God te redeneer.   Julle daarenteen beswadder met leuens;+Julle is almal kwaksalwers.+   As julle maar net heeltemal wou stilbly,Sodat dit wysheid van julle kant sou wees!+   Hoor asseblief my teenargumente,+En skenk aandag aan die pleidooie van my lippe.   Sal julle namens God onregverdigheid spreek,En sal julle namens hom bedrog spreek?+   Sal julle hom partydig behandel,+Of sal julle vir die ware God ’n regstryd voer?   Sou dit goed wees as hy julle pols?+Of sal julle hom vir die gek hou soos ’n sterflike mens vir die gek gehou word? 10  Hy sal julle gewis teregwys+As julle in die geheim partydigheid probeer toon;+ 11  Sal sy waardigheid julle nie van skrik laat opspringEn vrees vir hom op julle val nie?+ 12  Julle gedenkwaardige gesegdes is spreuke van as;Julle skildknoppe is soos skildknoppe van klei.+ 13  SWYG voor my, sodat ek kan praat.Laat dan oor my kom wat wil! 14  Waarom neem ek my vlees in my tandeEn plaas ek my siel in my palm?+ 15  Al sou hy my ombring, sou ek dan nie wag nie?+Ek sou net ten gunste van my eie weë voor sy aangesig redeneer. 16  Hy sou ook my redding wees,+Want voor hom sal geen afvallige inkom nie.+ 17  LUISTER na my woorde tot die einde toe,+En laat my verklaring in julle ore wees. 18  Kyk asseblief, ek het ’n regsaak voorgelê;+Ek weet goed dat ek reg is. 19  Wie is dit wat met my sal twis?+Want as ek nou sou stilbly, sou ek eenvoudig sterf! 20  Moet my net twee dinge nie aandoen nie;Dan sal ek my nie bloot weens u+ verberg nie;  21  Verwyder u hand ver van my af,En die skrik vir u—mag dit my nie verskrik nie.+ 22  Roep sodat ek kan antwoord;Of laat ek praat, en gee u my antwoord. 23  In watter opsig het ek oortredings en sondes?Maak aan my my opstandigheid en my sonde bekend. 24  Waarom verberg u u aangesig+En beskou u my as ’n vyand van u?+ 25  Sal u ’n blote blaar wat rondgewaai word, laat sidder,Of voortdurend ’n droë stoppel agternasit? 26  Want u bly bitter dinge teen my skryf+En u laat my die gevolge van die oortredings van my jeug dra.+ 27  Ook hou u my voete voortdurend in die blok,+En u gee ag op al my paaie;Vir my voetsole trek u u streep. 28  En hy is soos iets verrots wat vergaan;+Soos ’n kleed wat deur ’n mot opgeëet word.+

Voetnote