Job 14:1-22

14  “Die mens, uit ’n vrou gebore,+Lewe ’n kort rukkie+ en is sat van ontsteltenis.+   Soos ’n bloeisel het hy te voorskyn gekom en word hy afgesny,+En hy vlug soos die skaduwee+ en bly nie bestaan nie.   Ja, oor dié een het u u oog oopgemaak,En u bring my in die gerig+ met u.   Wie kan ’n reine uit ’n onreine voortbring?+Daar is nie een nie.   As sy dae vasgestel is,+Is die getal van sy maande by u;’n Verordening het u vir hom gestel wat hy nie kan oorskry nie.   Wend u blik van hom af sodat hy rus kan hê,+Totdat hy soos ’n loonarbeider behae skep in sy dag.   Want selfs vir ’n boom is daar hoop.As hy afgekap word, sal hy weer uitspruit,+En sy takkie sal nie ophou bestaan nie.   As sy wortel oud word in die aardeEn sy stomp in die stof sterf,   Sal hy uitspruit as hy water ruik,+En hy sal beslis ’n tak voortbring soos ’n nuwe plant.+ 10  Maar ’n man sterf en lê oorwonne;En ’n mens blaas die laaste asem uit, en waar is hy?+ 11  Waters verdwyn uit ’n see,En ’n rivier loop leeg en droog op.+ 12  Ook die mens moet gaan lê en staan nie op nie.+Totdat die hemel nie meer daar is nie, sal hulle nie wakker word nie,+Ook sal hulle nie uit hulle slaap gewek word nie.+ 13  Ag, as u my maar in Sjeool wou verberg,+As u my maar weggesteek wou hou totdat u toorn bedaar,As u maar vir my ’n tydgrens+ wou stel en aan my wou dink!+ 14  As ’n man sterf, kan hy weer lewe?+Al die dae van my dwangarbeid sal ek wag,+Totdat my verligting kom.+ 15  U sal roep, en ek sal u antwoord.+Na die werk van u hande sal u vurig verlang. 16  Want nou bly u my treë tel;+U gee ag op niks anders as my sonde nie.+ 17  My opstandigheid is in ’n sak verseël,+En u smeer gom oor my oortreding. 18  Maar ’n berg wat val, sal verbrokkel,En selfs ’n rots sal uit sy plek verskuif word. 19  Water laat selfs klippe beslis verweer;Die uitstorting daarvan spoel die aarde se stof weg.So het u die hoop van die sterflike mens vernietig. 20  U oorweldig hom vir ewig sodat hy weggaan;+U misvorm sy gesig sodat u hom wegstuur. 21  Sy seuns word geëer, maar hy weet dit nie;+En hulle word onbeduidend, maar hy gee nie ag op hulle nie. 22  Net sy vlees sal bly pyn terwyl dit aan hom is,En sy siel sal bly treur terwyl dit in hom is.”

Voetnote