Job 15:1-35

15  En Eʹlifas, die Temaniet, het geantwoord en gesê:   “Sal ’n wyse mens met winderige kennis antwoord,+Of sal hy sy buik met die oostewind+ vul?   Blote teregwysing met ’n woord sal van geen nut wees nie,En blote woorde sal op sigself geen voordeel bring nie.   Maar jy maak vrees voor God kragteloos,En jy laat alle oordenking voor God afneem.   Want jou oortreding onderrig jou mond,En jy kies die tong van die uitgeslapenes.   Jou mond verklaar jou goddeloos, en nie ek nie;En jou eie lippe getuig teen jou.+   Is jy die heel eerste mens wat gebore is,+Of is jy voor die heuwels+ met geboortepyne voortgebring?   Luister jy na die vertroulike woorde van God,+En beperk jy die wysheid tot jouself?   Wat weet jy nou eintlik wat ons nie weet nie?+Wat verstaan jy wat nie ook by ons is nie? 10  Die grysaard sowel as die bejaarde is by ons,+Die een wat ryker aan dae is as jou vader. 11  Is die vertroostinge van God nie vir jou genoeg nie,Of ’n woord wat met sagtheid tot jou gespreek word? 12  Waarom voer jou hart jou weg,En waarom flits jou oë? 13  Want jy rig jou gees teen God,En jy het woorde uit jou mond laat uitgaan. 14  Wat is die sterflike mens dat hy rein sou wees,+Of dat iemand wat uit ’n vrou gebore is, reg sou wees? 15  Kyk! In sy heiliges het hy geen geloof nie,+En die hemele is nie rein in sy oë nie.+ 16  Hoeveel minder wanneer iemand verfoeilik en verdorwe is,+’n Man wat onregverdigheid indrink soos water! 17  Ek sal jou dit meedeel. Luister na my!+Ook dit het ek aanskou; laat ek dit dus vertel, 18  Dit wat wyse mense+ vertelEn wat hulle nie weggesteek het nie, aangesien dit van hulle vaders kom. 19  Aan hulle alleen is die land gegee,En geen vreemdeling het tussen hulle deurgetrek nie. 20  Al sy dae ondergaan die goddelose foltering,Ja, die aantal jare wat vir die tiran weggelê is. 21  Die geluid van vreeslike dinge is in sy ore;Terwyl daar vrede is, oorval ’n plunderaar hom.+ 22  Hy glo nie dat hy uit die duisternis sal terugkom nie,+En hy is vir ’n swaard bestem. 23  Hy dwaal rond op soek na brood—waar is dit?+Hy weet goed dat die dag van duisternis+ gereed is by sy hand. 24  Benoudheid en angs bly hom verskrik;+Dit oorweldig hom soos ’n koning wat gereed is vir die aanval. 25  Omdat hy sy hand teen God uitsteekEn hy probeer wys dat hy hoër is as die Almagtige;+ 26  Omdat hy hom hardnekkig stormloop,Met die dik knoppe van sy skilde; 27  Omdat hy sy gesig met sy vettigheid bedekEn hy vet op sy lendene aansit,+ 28  Woon hy net in stede wat uitgewis gaan word;In huise waarin mense nie sal bly woon nie,Wat beslis bestem is om kliphope te word. 29  Hy sal nie ryk word nie en sy rykdom sal nie ophoop nie,Ook sal hy nie wat hulle verwerf het, oor die aarde uitbrei nie.+ 30  Hy sal die duisternis nie ontwyk nie;’n Vlam sal sy takkie verdroog,En hy sal deur ’n geblaas van Sy mond wyk.+ 31  Laat hom geen geloof stel in waardelose dinge nie, aangesien hy op ’n dwaalspoor gebring word,Want wat hy in ruil daarvoor kry, sal blote waardeloosheid wees; 32  Voor sy dag sal dit vervul word.En sy loot sal beslis nie welig groei nie.+ 33  Hy sal sy groen druiwe afskud soos ’n wingerdstok,En sy bloeisels afgooi net soos ’n olyfboom. 34  Want die vergadering van die afvalliges is onvrugbaar,+En vuur sal die tente van omkopery verteer.+ 35  Hulle word swanger van moeilikheid en baar wat skadelik is,+En hulle moederskoot berei bedrog.”

Voetnote