Job 16:1-22

16  En Job het geantwoord en gesê:   “Ek het al baie soortgelyke dinge gehoor.Julle is almal ellendige vertroosters!+   Kom daar ’n einde aan winderige woorde?+Of wat grief jou, dat jy antwoord?   Ek sou ook soos julle kon praat.As julle siel maar was waar my siel is,Sou ek dan in woorde teen julle uitblink+En sou ek my kop oor julle skud?+   Ek sou julle met die woorde van my mond versterk,+En die vertroosting van my lippe sou verligting bring—.   As ek praat, word my eie pyn nie verlig nie,+En as ek daarmee ophou, wat gaan dan van my af weg?   Maar nou het hy my moeg gemaak;+Hy het almal wat met my vergader, verlate gemaak.   Ook gryp u my. Dit het ’n getuie geword,+Sodat my maerheid teen my opstaan. In my gesig getuig dit.   Sy toorn het my verskeur, en hy is my vyandiggesind.+Hy kners op sy tande teen my.+My teenstander maak sy oë skerp teen my.+ 10  Hulle het hulle mond teen my wyd oopgemaak,+Met smaad het hulle my op die wange geslaan,In groot getalle span hulle teen my saam.+ 11  God lewer my aan jong seuns oor,En in die hande van die goddeloses werp hy my.+ 12  Ek was gerus, maar hy het my versteur;+En hy het my agter die nek gegryp en my verbrysel,En hy stel my as ’n teiken vir hom op. 13  Sy boogskutters+ omring my;Hy kloof my niere+ oop en voel geen medelye nie;Hy stort my galblaas op die aarde uit. 14  Hy bly deur my breek met skeur op skeur;Hy storm op my af soos ’n sterke.+ 15  Saklinne+ het ek oor my vel aanmekaargewerk,En ek het my horing in die stof gesteek.+ 16  My gesig het rooi geword van huil,+En oor my ooglede is daar ’n diep skaduwee,+ 17  Hoewel daar geen geweld in my palms is nieEn my gebed suiwer is.+ 18  O aarde, moenie my bloed bedek nie!+En laat daar geen plek vir my geskreeu wees nie! 19  Ook nou, kyk! in die hemel is iemand wat omtrent my getuig,En my getuie is in die hoogtes.+ 20  My metgeselle is woordvoerders teen my;+Na God het my oog slapeloos opgesien.+ 21  En daar moet tussen ’n man en God beslis word,Net soos tussen ’n mensekind en sy naaste.+ 22  Want net ’n paar jaar gaan nog kom,En met die pad waarlangs ek nie sal terugkeer nie, sal ek weggaan.+

Voetnote