Job 17:1-16
17 “My gees is gebroke,+ my dae is uitgeblus;Die begraafplaas is vir my.+
2 Daar word beslis met my gespot,+En op hulle opstandige gedrag rus my oog.
3 Plaas tog asseblief my pand by u.+Wie anders sal my die handslag+ tot borgskap gee?
4 Want u het hulle hart vir oordeelkundigheid gesluit.+Daarom verhef u hulle nie.
5 Hy sê miskien vir metgeselle om hulle aandeel te neem,Maar die oë van sy kinders sal ingee.+
6 En hy het my ’n spreekwoord+ van volke gemaak,Sodat ek iemand word in wie se gesig mense spuug.+
7 En van kwelling word my oog dowwer,+En al my lede is soos die skaduwee.
8 Die regskapenes staar verbaas hierna,En selfs die onskuldige vererg hom vir die afvallige.
9 Die regverdige hou deurentyd vas aan sy weg,+En die een wat rein van hande is,+ neem voortdurend toe in sterkte.+
10 Maar julle kan almal weer begin. Kom dan, asseblief,Aangesien ek geen wyse onder julle vind nie.+
11 My dae het verbygegaan,+ my planne is tot niet,+Die wense van my hart.
12 Van die nag bly hulle dag maak:+‘Die lig is naby weens die duisternis.’
13 As ek bly wag, is Sjeool my huis;+In die duisternis+ sal ek my rusbed moet uitsprei.
14 Die kuil+ sal ek moet toeroep: ‘Jy is my vader!’Die wurm:+ ‘My moeder en my suster!’
15 Waar is my hoop dan?+En my hoop—wie aanskou dit?
16 Na die grendels van Sjeool sal hulle afdaal,Wanneer ons, almal tesame, na die stof moet afdaal.”+