Job 18:1-21

18  En Bildad, die Suhiet, het geantwoord en gesê:   “Hoe lank nog voordat julle ’n einde aan woorde maak?Julle moet verstaan, sodat ons daarna kan praat.   Waarom moet ons as diere beskou word+En in julle oë as onrein geag word?   Hy verskeur sy siel in sy toorn.Sal die aarde ter wille van jou verlate word,Of ’n rots uit sy plek verskuif?   Ook die lig van die goddeloses sal uitgedoof word+En die vonk van sy vuur sal nie skyn nie.   ’n Lig sal beslis in sy tent donker word,+En sy lamp sal daarin uitgedoof word.   Sy kragtige treë sal belemmer word.Sy eie raad sal hom neerwerp.+   Want hy sal inderdaad deur sy voete in ’n net gelei word,En op ’n netwerk sal hy loop.+   ’n Wip sal hom aan die hakskeen gryp;+’n Strik+ hou hom vas. 10  ’n Tou is vir hom weggesteek op die grond,En ’n vangtoestel vir hom op sy pad. 11  Aan alle kante laat skielike verskrikkinge hom beslis van skrik opspring,+En dit sit hom inderdaad op sy hakke agterna. 12  Sy krag word deur die honger verteer,En die ongeluk+ staan gereed om hom mank te maak. 13  Dit sal die stukke van sy vel verteer;Die eersgeborene van die dood sal sy ledemate verteer. 14  Sy vertroue sal uit sy tent weggeruk word+En dit sal hom na die koning van die verskrikkinge laat aanstap. 15  Daar sal iets in sy tent woon wat nie syne is nie;Swael+ sal oor sy woonplek gestrooi word. 16  Onder sal sy wortels verdroog,+En bo sal sy tak verwelk. 17  Die vermelding van hom sal beslis van die aarde af vergaan,+En hy sal geen naam buite op straat hê nie. 18  Hulle sal hom uit die lig tot in die duisternis stoot,En uit die vrugbare land sal hulle hom verjaag. 19  Hy sal geen nageslag en geen nakomelinge onder sy volk hê nie,+En daar sal geen oorlewende in sy plek van vreemdelingskap wees nie. 20  Oor sy dag sal die mense in die Weste inderdaad in verbasing staar,En ’n siddering sal selfs die mense in die Ooste beslis aangryp. 21  Ja, dit is die wonings van ’n kwaaddoener,En dit is die plek van iemand wat God nie geken het nie.”

Voetnote