Job 19:1-29

19  En Job het geantwoord en gesê:   “Hoe lank sal julle my siel bly irriteer+En my met woorde bly verbrysel?+   Reeds tien keer het julle my bestraf;Julle skaam julle nie dat julle my so hard behandel nie.+   En as ek wel ’n fout begaan het,+Dan sal my fout by my bly.   As julle julle werklik baie groot hou teen my,+En julle toon dat my smaad gepas is teen my,+   WEET dan dat Gód my mislei het,En met sy vangnet het hy my omsluit.+   Kyk! Ek bly uitroep: ‘Geweld!’ maar ek kry geen antwoord nie;+Ek bly om hulp roep, maar daar is geen geregtigheid nie.+   My pad het hy met ’n klipmuur versper,+ en ek kan nie verbykom nie;En op my weë plaas hy duisternis.+   My heerlikheid het hy van my af weggestroop,+En hy neem die kroon van my kop weg. 10  Hy breek my aan alle kante af, en ek gaan weg;En hy ruk my hoop uit soos ’n boom. 11  Ook ontvlam sy toorn teen my,+En hy bly my as sy teenstander beskou. 12  Eendragtig kom sy troepe en werp hulle weg teen my op,+En hulle slaan kamp op rondom my tent. 13  My broers het hy ver van my verwyder,+En dié wat my ken, het hulle van my afgewend. 14  My intieme kennisse het verdwyn,+En dié wat ek ken, het my vergeet, 15  Dié wat as vreemdelinge in my huis woon;+ en my slavinne beskou my as ’n vreemde;’n Regte uitlander het ek in hulle oë geword. 16  Na my kneg het ek geroep, maar hy antwoord nie.Met my mond bly ek hom om medelye smeek. 17  My asem het vir my vrou+ weersinwekkend geword,En vir die seuns van my moeder se skoot het ek onwelriekend geword. 18  Ook jong seuns het my verwerp;+Ek hoef net op te staan, en hulle begin teen my praat. 19  Al die manne van my intieme groep verfoei my,+En dié wat ek liefgehad het, het teen my gedraai.+ 20  My gebeente kleef aan my vel en aan my vlees,+En ek ontkom met die vlies van my tande. 21  Betoon tog ’n mate van guns aan my, betoon tog ’n mate van guns aan my, o my metgeselle,+Want God se hand het my aangeraak.+ 22  Waarom bly julle my vervolg, soos God,+En word julle nie versadig van my vlees nie? 23  Ag, was my woorde maar nou opgeskryf!Ag, was hulle maar in ’n boek opgeteken! 24  Met ’n ysterstif+ en met lood,Ag, was hulle maar vir ewig in die rots uitgekap! 25  En ek weet goed dat my verlosser+ lewe,En dat hy, wat ná my sal kom, oor die stof sal opstaan.+ 26  En ná my vel, wat hulle afgestroop het—dít!Al is my vlees uitgeteer, sal ek God nog aanskou, 27  Wat ek self sal aanskou,+En wat my oë beslis sal sien, maar geen vreemdeling nie.My niere het diep binne my ingegee. 28  Want julle sê: ‘Waarom bly ons hom vervolg?’+Terwyl die wortel van die saak in my gevind word. 29  Vrees vir julleself weens ’n swaard,+Want die swaard beteken woede teen oortredings,Sodat julle kan weet dat daar ’n regter is.”+

Voetnote