Job 20:1-29

20  En Sofar, die Naämatiet, het geantwoord en gesê:   “Daarom antwoord my verontrustende gedagtes my,Ja, weens my innerlike spanning.   ’n Vermaning wat my beledig, hoor ek;En ’n gees sonder die begrip wat ek het, antwoord my.   Het jy te alle tye dít geweet,Vandat die mens op die aarde geplaas is,+   Dat die vreugdegeroep van die goddeloses van korte duur is+En dat die blydskap van ’n afvallige net ’n oomblik duur?   Al styg sy voortreflikheid na die hemel toe op+En reik sy kop tot aan die wolke,   Soos sy uitwerpsel vergaan hy vir ewig;+Dié wat hom sien, sal sê: ‘Waar is hy?’+   Soos ’n droom sal hy wegvlieg, en hulle sal hom nie vind nie;En hy sal verjaag word soos ’n nagvisioen.+   Die oog wat hom gesien het, sal dit nie weer doen nie,+En sy plek sal hom nie meer aanskou nie.+ 10  Sy seuns sal die guns van geringes soek,En sy hande sal sy waardevolle dinge teruggee.+ 11  Sy gebeente was vol van sy jeugdige krag,Maar saam met hom sal dit in blote stof gaan lê.+ 12  As wat sleg is, soet smaak in sy mond,As hy dit onder sy tong laat wegsmelt, 13  As hy medelye daarmee het en dit nie laat vaar nie,En as hy dit in die middel van sy verhemelte terughou, 14  Sal sy voedsel beslis in sy ingewande verander word;Dit sal die gal van kobras binne-in hom wees. 15  Rykdom het hy ingesluk, maar hy sal dit uitbraak;Uit sy buik sal God dit uitdryf. 16  Die gif van kobras sal hy insuig;Die tong van ’n adder sal hom doodmaak.+ 17  Hy sal nooit die waterlope sien nie,+Sterk strome van heuning en botter. 18  Hy sal teruggee wat hy as eiendom bekom het en sal dit nie insluk nie;Soos rykdom uit sy koophandel, maar wat hy nie sal geniet nie.+ 19  Want hy het verbrysel, hy het geringes verlaat;Hy het ’n huis geroof wat hy nie gebou het nie.+ 20  Want hy sal beslis geen rus in sy buik ken nie;Deur middel van sy begeerlike dinge sal hy nie ontkom nie.+ 21  Daar het niks oorgebly wat hy kan verslind nie;Daarom sal sy welstand nie voortduur nie. 22  Terwyl sy oorvloed op sy hoogtepunt is, sal hy angstig wees;+Die volle krag van die teëspoed sal oor hom kom. 23  Om sy buik te vul,Sal Hy sy brandende toorn oor hom stuur+En dit op hom laat reën, tot in sy ingewande. 24  Hy sal vlug+ vir ysterwapens;’n Koperboog sal hom oopkloof. 25  ’n Werpspies sal by sy rug uitkom,En ’n glinsterende wapen by sy gal;+Skrikwekkende voorwerpe sal op hom afkom.+ 26  Volslae duisternis sal vir sy kosbaarhede bewaar word;’n Vuur wat niemand aangeblaas het nie, sal hom verteer;+Dit sal sleg gaan met ’n oorlewende in sy tent. 27  Die hemel sal sy oortreding blootlê,+En die aarde sal teen hom in opstand wees. 28  ’n Swaar reënbui sal sy huis wegvoer;Daar sal dinge uitgestort word op die dag van sy toorn.+ 29  Dit is die goddelose mens se deel wat van God kom,+Ja, die erfdeel wat God aan hom toegesê het.”

Voetnote