Job 21:1-34

21  En Job het geantwoord en gesê:   “Luister aandagtig na my woord,En laat dít julle vertroosting word.   Verdra my, en ek sal praat;En nadat ek gepraat het, kan elkeen van julle spot.+   Wat my betref, word my besorgdheid dan teenoor ’n mens geuiter?Of waarom raak my gees nie ongeduldig nie?   Draai julle gesig na my toe en staar in verbasing,En lê julle hand op julle mond.+   En as ek daaraan gedink het, het ek ook ontsteld geraak,En siddering het my vlees aangegryp.   Waarom bly die goddeloses lewe,+Het hulle oud geword, ja, verhewe geword in rykdom?+   Hulle nageslag is stewig by hulle gevestig voor hulle aangesig,En hulle nakomelinge voor hulle oë.   Hulle huise is loutere vrede, vry van angs,+En die roede van God is nie op hulle nie. 10  Sy bul bevrug en mors nie saad nie;Sy koei kalf+ en het geen misdrag nie. 11  Hulle bly hulle jong seuns uitstuur net soos ’n kudde,En hulle seuntjies huppel rond. 12  Hulle verhef voortdurend hulle stem saam met die tamboeryn en harp,+En is altyd bly by die geluid van die fluit. 13  Hulle bring hulle dae in vrolikheid deur,+En in ’n oomblik daal hulle na Sjeool af. 14  En hulle sê vir die ware God: ‘Wend u van ons af!+En in die kennis van u weë het ons geen behae geskep nie.+ 15  Wat is die Almagtige, dat ons hom moet dien,+En watter nut het dit vir ons dat ons met hom in aanraking gekom het?’+ 16  Kyk! Hulle welstand is nie in hulle mag nie.+Die raad van die goddeloses het ver van my af gebly.+ 17  Hoeveel keer word die lamp van die goddeloses uitgedoof,+En hoeveel keer kom hulle ongeluk oor hulle? Hoeveel keer deel hy in sy toorn vernietiging uit?+ 18  Word hulle soos strooi voor die wind+En soos kaf wat deur ’n stormwind weggesteel is? 19  God sal iemand se skadelikheid vir sy kinders opspaar;+Hy sal hom vergeld sodat hy dit kan weet.+ 20  Sy oë sal sy agteruitgang sien,En van die woede van die Almagtige sal hy drink.+ 21  Want watter behae sal hy skep in sy huis ná hom,Wanneer die getal van sy maande werklik in twee gesny sal wees?+ 22  Sal hy selfs aan God kennis leer,+Terwyl Hy dié wat hoog is, oordeel?+ 23  Ja, hy sal sterf terwyl hy van al die nodige voorsien is,+Wanneer hy geheel en al sorgeloos en gerus is; 24  Wanneer sy dye vol vet geword hetEn die murg van sy gebeente vogtig gehou word. 25  En die ander een sal met ’n bitter siel sterfSonder dat hy van die goeie dinge geëet het.+ 26  Saam sal hulle in die stof gaan lê,+En wurms sal ’n bedekking oor hulle vorm.+ 27  Kyk! Ek ken julle gedagtes goed,En die planne waarmee julle gewelddadig teen my wil optree.+ 28  Want julle sê: ‘Waar is die huis van die edele,En waar is die tent, die wonings van die goddeloses?’+ 29  Het julle nie dié gevra wat op die paaie reis nie?En ondersoek julle nie ook hulle tekens sorgvuldig nie, 30  Dat ’n boosaard gespaar word op die dag van ongeluk,+Dat hy verlos word op die dag van grimmigheid? 31  Wie sal hom in sy gesig sy weg te kenne gee?+En wie sal hom vergeld vir wat hy gedoen het?+ 32  Na die begraafplaas sal hy gebring word,+En oor ’n graf sal daar wag gehou word. 33  Vir hom sal die grondkluite van ’n stroomvallei beslis soet word,+En agter hom aan sal hy die hele mensdom trek,+En dié voor hom, was sonder tal. 34  Hoe vergeefs probeer julle my dus vertroos,+En julle antwoorde is niks anders as ontrouheid nie!”

Voetnote