Job 22:1-30

22  En Eʹlifas, die Temaniet, het geantwoord en gesê:   “Kan ’n man vir God van nut wees,+Sodat iemand wat insig het, vir hom van nut sou wees?   Skep die Almagtige enigsins behae daarin dat jy regverdig is,+Of is dit vir hom enige gewin dat jy jou weg onberispelik maak?+   Sal hy jou oor jou godvrugtige eerbied teregwys,Sal hy met jou na die gereg gaan?+   Is jou slegtheid nie reeds te veel nie,+En sal daar geen einde aan jou oortredings wees nie?   Want jy neem sonder oorsaak ’n pand van jou broers,+En selfs die klere van naakte mense trek jy uit.   Jy gee die vermoeide geen water om te drink nie,En van die een wat honger is, hou jy brood terug.+   Wat ’n sterk man betref, die land is syne,+En iemand wat partydig behandel word, woon daarin.   Weduwees het jy met leë hande weggestuur,En die arms van vaderlose seuns is verbrysel.+ 10  Daarom is daar voëlstrikke rondom jou,+En skielike angs ontstel jou; 11  Of duisternis, sodat jy nie kan sien nie,En ’n deinende watermassa bedek jou. 12  Is God nie hemelhoog nie?+Aanskou ook die volle getal van die sterre,+ dat hulle hoog is. 13  En tog het jy gesê: ‘Wat weet God werklik?Kan hy deur dik donkerheid regspreek? 14  Wolke is vir hom ’n skuilplek, sodat hy nie sien nie,En op die hemelgewelf loop hy rond.’ 15  Wil jy vashou aan die weg van lank gelede,Wat kwaadwillige mense bewandel het, 16  Mense wat voor hulle tyd weggeruk is,+Wie se fondament+ uitgegiet is soos ’n rivier, 17  Wat vir die ware God sê: ‘Wend u van ons af!+En wat kan die Almagtige teen ons uitrig?’ 18  Tog het hy hulle huise met goeie dinge gevul;+En die raad van die goddeloses het ver van my af gebly.+ 19  Die regverdiges sal dit sien en bly wees,+En die onskuldige sal hulle bespot: 20  ‘Ons teenstanders is waarlik uitgewis;En wat van hulle oor is, sal beslis deur ’n vuur verteer word.’ 21  Leer hom asseblief ken en hou vrede;Daardeur sal goeie dinge oor jou kom. 22  Neem asseblief die wet uit sy mond aan,En lê sy woorde in jou hart.+ 23  As jy tot die Almagtige terugkeer,+ sal jy opgebou word;As jy onregverdigheid ver van jou tent af hou, 24  En as kosbare erts in die stof gelê wordEn goud van Ofir+ in die rotse van stroomvalleie, 25  Dan sal die Almagtige inderdaad jou kosbare erts word,En die mees uitgesoekte silwer vir jou.+ 26  Want dan sal jy jou in die Almagtige verlustig,+En jy sal jou aangesig tot God ophef.+ 27  Jy sal ’n dringende versoek tot hom rig, en hy sal jou verhoor;+En jou geloftes sal jy betaal.+ 28  En jy sal op iets besluit, en dit sal vir jou tot stand kom;En op jou weë sal daar beslis lig skyn.+ 29  Want daar sal vernedering wees wanneer jy aanmatigend praat;+Maar iemand met neergeslane oë sal hy red.+ 30  Hy sal ’n onskuldige man red,+En jy sal beslis gered word weens die reinheid van jou hande.”+

Voetnote