Job 23:1-17

23  En Job het geantwoord en gesê:   “My toestand van besorgdheid+ is vandag nog opstandigheid;My hand is swaar weens my gesug.   Ag, as ek tog maar geweet het waar ek hom kon vind!+Ek sou tot by sy vaste plek kom.+   Ek sou ’n regsaak aan hom voorlê,En my mond sou ek met teenargumente vul;   Ek sou die woorde ken waarmee hy my antwoord,En ek sou ag gee op wat hy vir my sê.+   Sou hy met ’n oorvloed van krag teen my stry?O nee! Hy sou sekerlik op my ag slaan.+   Daar sal die regskapene beslis sake met hom regstel,En ek sou vir ewig van my regter vrykom.   Kyk! Ek gaan na die ooste, en hy is nie daar nie;En weer terug, en ek kan hom nie bemerk nie;+   Na links waar hy werk, maar ek kan hom nie aanskou nie;Hy draai regs af, maar ek sien hom nie. 10  Want hy weet goed watter weg ek bewandel.+Nadat hy my op die proef gestel het, sal ek soos goud te voorskyn kom.+ 11  Aan sy voetstappe het my voet vasgehou;Sy weg het ek gehou, en ek dwaal nie af nie.+ 12  Van die gebod van sy lippe wyk ek nie af nie.+Ek het die woorde van sy mond+ as ’n skat bewaar, meer as wat vir my voorgeskryf is. 13  En hy het een gedagte, en wie kan hom teëstaan?+En sy siel het ’n begeerte, en hy sal dit volbring.+ 14  Want hy sal ten volle uitvoer wat vir my voorgeskryf is,+En daar is baie soortgelyke dinge by hom. 15  Daarom voel ek verontrus weens hom;Ek gee ag en vrees hom.+ 16  Ja, God het my hart vreesagtig gemaak,+En die Almagtige het my verontrus.+ 17  Want ek is nie tot swye gebring weens die duisternis nie,En ook nie omdat donkerheid my aangesig bedek het nie.

Voetnote