Job 24:1-25

24  “Waarom is geen tye deur die Almagtige opgespaar nie+En het dié wat hom ken, nie sy dae aanskou nie?+   Daar is dié wat grensbakens verskuif;+’n Kudde het hulle geroof, sodat hulle dit kan laat wei.   Hulle dryf selfs die esel van vaderlose seuns weg;Hulle neem die weduwee se bul as pand.+   Hulle keer die armes van die weg af;+Terselfdertyd het die geteisterdes van die aarde weggekruip.   Kyk! Soos sebras+ in die wildernisHet hulle in hulle werk uitgetrek, op soek na voedsel.Die woestynvlakte gee aan elkeen brood vir die kinders.   Op die land oes hulle die voer,En die wingerd van die goddelose plunder hulle gou.   Naak bring hulle die nag deur, sonder ’n kleed,+En sonder enige bedekking in die koue.+   Hulle word papnat van die reënstorm van die berge,En omdat daar geen beskutting is nie,+ moet hulle hulle teen ’n rots vasdruk.   Hulle ruk ’n vaderlose seun selfs van die bors af weg,+En wat die geteisterde aan het, neem hulle as pand.+ 10  Naak sal hulle rondloop, sonder ’n kleed,En honger sal hulle die geoeste are dra.+ 11  Tussen die terrasmure bring hulle die middaguur deur;Wynperse sal hulle trap, en tog ly hulle dors.+ 12  Vanuit die stad bly die sterwendes kreun,En die siel van dodelik gewondes roep om hulp;+En God beskou dit nie as iets ongepas nie.+ 13  Hulle was onder dié wat opstandig is teen die lig;+Hulle het nie die weë daarvan erken nie,En hulle het nie op die paaie daarvan gebly nie. 14  Met ligdag staan die moordenaar op,Hy bring die geteisterde en die arme om;+En gedurende die nag word hy ’n regte dief.+ 15  Wat die oog van die egbreker+ betref, dit het na die aandskemering uitgesien+En gesê: ‘Geen oog sal my aanskou nie!’+En oor sy gesig sit hy ’n bedekking. 16  In die duisternis het hy in huise ingebreek;Bedags moet hulle hulle opgesluit hou.Hulle het die daglig nie geken nie.+ 17  Want die oggend is vir hulle dieselfde as diep skaduwee,+Want hulle weet wat die skielike verskrikkinge van diep skaduwee is. 18  Hy is vinnig op die oppervlak van die waters.Hulle stuk land sal vervloek word op die aarde.+Hy sal hom nie na die weg van die wingerde begeef nie. 19  Die droogte, ook die hitte, ruk die sneeuwaters weg;So ook Sjeool dié wat gesondig het!+ 20  Die moederskoot sal hom vergeet, die wurm sal hom smaaklik uitsuig,+Aan hom sal nie meer gedink word nie.+En die onregverdigheid sal gebreek word net soos ’n boom.+ 21  Hy laat hom in met ’n onvrugbare vrou wat nie baar nie,En met ’n weduwee,+ aan wie hy geen goed doen nie. 22  En hy sal beslis die sterkes deur sy krag wegtrek;Hy sal opstaan en nie van sy lewe seker wees nie. 23  Hy sal hom dit vergun om vol vertroue te word+ sodat hy homself kan ondersteun;En sy oë sal op hulle weë wees.+ 24  Hulle het ’n klein rukkie hoog geword, dan is hulle daar nie meer nie,+En hulle is verlaag;+ soos al die ander word hulle afgepluk,En soos die top van ’n graanaar word hulle afgesny. 25  En nou, wie sal my tot leuenaar maakOf my woord tot niet maak?”

Voetnote