Job 25:1-6

25  En Bildad,+ die Suhiet, het geantwoord en gesê:   “Heerskappy en verskrikking is by hom;+Hy maak vrede op sy hoogtes.   Kan sy troepe enigsins getel word?En oor wie gaan sy lig nie op nie?   Hoe kan ’n sterflike mens dan reg wees voor God,+Of hoe kan iemand wat uit ’n vrou gebore is, rein wees?+   Kyk! Daar is selfs die maan, en dit is nie helder nie;En die sterre is nie rein in sy oë nie.   Hoeveel minder ’n sterflike mens, wat ’n maaier is,En ’n mensekind, wat ’n wurm is!”+

Voetnote