Job 26:1-14

26  En Job het geantwoord en gesê:   “Hoeveel was jy die kragtelose tog van hulp!Hoe het jy tog ’n arm gered wat sonder sterkte is!+   Hoeveel raad het jy tog gegee aan iemand wat sonder wysheid is,+En jy het praktiese wysheid aan die menigte bekend gemaak!   Aan wie het jy woorde meegedeel,En wie se asem het van jou uitgegaan?   Dié wat magteloos is in die dood, bly beweOnder die waters en dié wat daarin woon.+   Sjeool lê naak voor hom,+En die plek van vernietiging het geen bedekking nie.   Hy span die noorde uit oor die leë ruimte,+Hang die aarde op aan niks;   Bind die waters in sy wolke saam,+Sodat die wolkmassa nie daaronder skeur nie;   Omsluit die voorkant van die troon,Sprei sy wolk daaroor uit.+ 10  Hy het ’n kring oor die watervlak getrek,+Tot waar lig in duisternis eindig. 11  Die pilare van die hemel skud,En hulle is verbaas weens sy bestrawwing. 12  Deur sy krag het hy die see in beroering gebring,+En deur sy verstand het hy die bestormer+ verpletter.+ 13  Deur sy wind het hy die hemel blink gevee,+Sy hand het die seilende slang deurboor.+ 14  Kyk! Dít is die rande van sy weë,+En wat ’n fluistering van ’n saak is omtrent hom gehoor!Maar wie kan sy magtige donder verstaan?”+

Voetnote