Job 27:1-23

27  En Job het weer sy spreuk+ aangehef en gesê:   “So waar as God lewe,+ wat my reg weggeneem het,+En so waar as die Almagtige lewe, wat my siel bitter gemaak het,+   Terwyl my asem nog heeltemal in my is,En die gees van God in my neusgate is,+   Sal my lippe geen onregverdigheid spreek nieEn sal my tong geen bedrog mompel nie!   Dit is vir my ondenkbaar dat ek julle regverdig sou verklaar!+Totdat ek sterf, sal ek my onkreukbaarheid+ nie prysgee nie!   Aan my geregtigheid het ek vasgehou, en ek sal dit nie laat los nie;+My hart sal my nie oor een van my dae smaad nie.+   Laat my vyand in elke opsig ’n goddelose mens word,+En die een wat teen my in opstand kom, werklik ’n kwaaddoener.   Want wat is die hoop van ’n afvallige as hy hom afsny,+As God sy siel van hom wegneem?+   Sal God sy geroep hoorAs benoudheid oor hom kom?+ 10  Of sal hy hom uitermate verlustig in die Almagtige?Sal hy God te alle tye aanroep? 11  Ek sal julle deur die hand van God onderrig;Wat by die Almagtige is, sal ek nie verberg nie.+ 12  Kyk! Julle het almal visioene gesien;Waarom tree julle dan heeltemal sinneloos op?+ 13  Dit is die goddelose mens se deel wat van God kom;+En die erfdeel van die tiranne sal hulle van die Almagtige ontvang. 14  As sy kinders baie word, is dit vir ’n swaard;+En sy nakomelinge sal nie genoeg voedsel hê nie. 15  Sy oorlewendes sal gedurende ’n dodelike plaag begrawe word,En hulle weduwees sal nie huil nie.+ 16  As hy silwer ophoop soos stof,En hy klere gereedmaak asof dit klei is, 17  Sal hy dit gereedmaak, maar die regverdige sal dit aantrek,+En die onskuldige sal ’n aandeel in die silwer hê. 18  Hy het sy huis gebou soos ’n blote mot,En soos ’n hut+ wat deur ’n wag gemaak is. 19  Ryk sal hy gaan lê, maar niks sal versamel word nie;Sy oë het hy oopgemaak, maar daar sal niks wees nie.+ 20  Soos waters sal skielike verskrikkinge hom oorval;+In die nag sal ’n stormwind hom beslis wegsteel. 21  ’n Oostewind sal hom wegvoer,+ en hy sal weggaan,En dit sal hom wegwaai uit sy plek.+ 22  En dit sal teen hom aanstorm en geen medelye hê nie;+Vir die krag daarvan sal hy vir seker probeer vlug.+ 23  Iemand sal oor hom sy hande klap+En sal vanuit sy plek oor hom fluit.+

Voetnote