Job 29:1-25

29  En Job het weer sy spreuk aangehef en gesê:   “Ag, as ek maar was soos in die maanmaande van lank gelede,+Soos in die dae toe God my bewaar het;+   Toe hy sy lamp oor my hoof laat skyn het,Toe ek by sy lig deur die duisternis gewandel het;+   Net soos ek in die dae van my fleur was,+Toe intimiteit met God in my tent was;+   Toe die Almagtige nog met my was,Toe my dienaars rondom my was!   Toe ek my voetstappe in botter gewas het,En die rots vir my strome olie bly uitgiet het;+   Toe ek uitgegaan het na die poort by die stad,+Op die openbare plein my sitplek reggemaak het!+   Die seuns het my gesien en weggekruip,En selfs die bejaardes het opgestaan, hulle het bly staan.+   Vorste het woorde ingehou,En die palm het hulle op hulle mond gelê.+ 10  Die stem van die leiers is verberg,En hulle tong het aan hulle verhemelte gekleef.+ 11  Want die oor het geluister en my gelukkig genoem,En die oog het gesien en vir my getuig. 12  Want ek het die geteisterde gered wat om hulp geroep het,+En die vaderlose seun en enigiemand wat geen helper gehad het nie.+ 13  Die seën+ van die een wat op die punt gestaan het om te sterf—op my het dit gekom,En die hart van die weduwee het ek bly gemaak.+ 14  Met regverdigheid het ek my beklee, en dit het my beklee.+My geregtigheid was soos ’n moulose oorkleed—en ’n tulband. 15  Oë het ek vir die blinde geword;+En voete was ek vir die kreupele. 16  Ek was ’n ware vader vir die armes;+En die regsaak van iemand wat ek nie geken het nie—dit het ek ondersoek.+ 17  En ek het die kakebene van die kwaaddoener gebreek,+En uit sy tande het ek die prooi weggeruk. 18  En ek het altyd gesê: ‘In my nes sal ek sterf,+En soos die sandkorrels sal ek my dae vermenigvuldig.+ 19  My wortel is oop vir die water,+En dou sal op my tak oornag. 20  My heerlikheid bly nuut by my,En my boog in my hand sal herhaaldelik skiet.’ 21  Na my het hulle geluister; en hulle het gewag,En hulle het stilgebly in afwagting van my raad.+ 22  Ná my woord het hulle nie weer gepraat nie,En op hulle het my woord gedrup.+ 23  En hulle het op my gewag soos op die reën,+En hulle mond het hulle wyd oopgemaak vir die lentereën.+ 24  Ek het vir hulle geglimlag—hulle het dit nie geglo nie—En hulle het die lig van my gesig+ nie verdonker nie. 25  Ek het die weg vir hulle gekies, en ek het as hoof gesit;En ek het soos ’n koning onder sy troepe gewoon,+Soos iemand wat die treurendes vertroos.+

Voetnote