Job 3:1-26

3  Hierna het Job sy mond oopgemaak en ’n vloek oor sy dag begin uitspreek.+  Job het toe geantwoord en gesê:   “Mag die dag vergaan waarop ek gebore is,+Ook die nag toe iemand gesê het: ‘’n Man is ontvang!’   Wat daardie dag betref, mag dit duisternis word.Mag God nie van bo af daarna soek nie,En mag daglig ook nie daaroor skyn nie.   Mag duisternis en diep skaduwee dit terugeis.Mag ’n reënwolk daaroor vertoef.Mag die dinge wat ’n dag verduister, dit verskrik.+   Daardie nag—mag donkerheid dit wegneem;+Mag dit nie bly wees onder die dae van ’n jaar nie;Mag dit nie kom onder die getal van die maanmaande nie.   Kyk! Daardie nag—mag dit onvrugbaar word;Mag geen vreugdegeroep daarin kom nie.+  Mag vervloekers van die dag dit verwens,Dié wat gereed is om die Leviaʹtan+ wakker te maak.   Mag die sterre van sy skemering donker word;Mag dit op die lig wag en daar niks wees nie;En mag dit nie die strale van die dagbreek sien nie. 10  Want dit het nie die deure van my moeder se skoot toegemaak+En so moeite vir my oë verberg nie. 11  Waarom het ek nie van die moederskoot af gesterf nie?+Waarom het ek nie uit die skoot uitgegaan en toe die laaste asem uitgeblaas nie? 12  Waarom het knieë my teëgekom,En waarom borste,+ dat ek moes drink? 13  Want ek sou nou al gaan lê het sodat ek ongestoord kon wees;+Ek sou dan geslaap het; ek sou rus gehad het+ 14  Saam met konings en raadgewers van die aarde,+Dié wat vir hulle verlate plekke bou,+ 15  Of saam met vorste wat goud het,Dié wat hulle huise met silwer vul; 16  Of ek sou, soos ’n verborge misgeboorte,+ nie in aansyn gekom het nie,Soos kinders wat geen lig gesien het nie.+ 17  Daar het die goddeloses hulle beroering gestaak,+En daar het diegene rus+ wie se krag uitgeput is. 18  Gevangenes is saam gerus;Hulle hoor nie die stem van iemand wat hulle dryf om te werk nie.+ 19  Klein en groot is daar gelyk,+En die slaaf is vrygemaak van sy heer. 20  Waarom gee hy lig aan iemand wat swaar kry,En lewe aan dié wat bitter van siel is?+ 21  Waarom is daar dié wat op die dood wag, en dit kom nie,+Hoewel hulle meer daarna bly grawe as na verborge skatte? 22  Dié wat hulle tot jubeling toe verbly,Hulle verheug hulle omdat hulle ’n graf vind. 23  Waarom gee hy lig aan ’n man wie se weg verborge is+En wat deur God ingekamp word?+ 24  Want my gesug kom voor my voedsel,+En soos waters word my gebrul uitgestort;+ 25  Want iets vreesliks het ek gevrees, en dit kom oor my;En waarvoor ek bang was, tref my.+ 26  Ek was nie sorgeloos nie, en ook nie ongestoord nie,En ook het ek geen rus gehad nie, en tog kom die ontsteltenis.”

Voetnote