Job 30:1-31

30  “En nou het hulle my uitgelag,+Dié wat jonger in dae is as ek,+Wie se vaders ek nieBy die honde van my kudde sou gesit het nie.   Selfs die krag van hulle hande—van watter nut was dit vir my?In hulle het die lewenskrag vergaan.+   Weens gebrek en honger is hulle onvrugbaar,Hulle wat knaag aan ’n waterlose streek,+Waar daar gister storm en verwoesting was.   Hulle het die soutkruid by die struike gepluk,En die wortel van besemstruike was hulle voedsel.   Uit die gemeenskap is hulle verdryf;+Mense het vir hulle geskreeu soos vir ’n dief.   Op die helling van stroomvalleie moet hulle woon,In gate in die grond en in rotse.   Tussen die struike het hulle geskreeu;Onder die netels het hulle saamgebondel.   Kinders van die verstandelose,+ ook kinders van die naamlose,Hulle is uit die land gegesel.   En nou het ek selfs die tema van hulle lied geword,+En ek is vir hulle ’n skimpwoord.+ 10  Hulle het my verfoei, hulle het ver van my af gebly;+En hulle het hulle nie daarvan weerhou om in my gesig te spoeg nie.+ 11  Want hy het my boogsnaar losgemaak en my verneder,En die toom het hulle weens my slap gelos. 12  Aan my regterhand staan hulle op as ’n gebroedsel;Hulle het my voete laat gaan,Maar hulle het hulle onheilsversperrings teen my opgewerp.+ 13  Hulle het my paaie opgebreek;Hulle het net my teëspoed bevorder,+Sonder dat hulle self ’n helper het. 14  Soos deur ’n wye gaping kom hulle;Onder ’n storm het hulle aangerol gekom. 15  Skielike verskrikkinge is teen my gerig;My statige houding word soos die wind verjaag,En soos ’n wolk het my redding verbygegaan. 16  En nou word my siel in my uitgestort;+Dae van ellende+ gryp my aan. 17  Snags is my gebeente+ deurboor en het dit van my afgeval,En pyne wat aan my knaag, rus nooit nie.+ 18  Deur die oorvloed van krag ondergaan my kleed ’n verandering;Soos die kraag van my lang kleed omsluit dit my. 19  Hy het my na die klei afgebring,Sodat ek soos stof en as daar uitsien. 20  Ek roep tot u om hulp, maar u antwoord my nie;+Ek het gaan staan, sodat u op my sou ag gee. 21  U verander u om wreed teenoor my te word;+Met die volle mag van u hand is u my vyandiggesind. 22  U tel my op die wind, u laat my daarop ry;Dan maak u my met ’n harde slag tot niet. 23  Want ek weet goed dat u my na die dood sal laat terugkeer,+En na die huis van samekoms vir almal wat lewe. 24  Maar niemand steek sy hand uit teen ’n blote puinhoop nie,+En ook is daar gedurende iemand se agteruitgang nie ’n hulpgeroep oor dié dinge nie. 25  Ja, ek het gehuil oor die een wat ’n moeilike dag het;+My siel was bedroef oor die arme.+ 26  Hoewel ek op die goeie gewag het, het die slegte gekom;+En ek het die lig bly verwag, maar donkerheid het gekom. 27  My ingewande het begin kook en het nie stilgebly nie;Ek het voor dae van ellende te staan gekom. 28  Bedroef+ het ek rondgeloop wanneer daar geen sonlig was nie;Ek het in die gemeente opgestaan, ek het om hulp bly roep. 29  ’n Broer het ek vir die jakkalse geword,En ’n metgesel vir die dogters van die volstruis.+ 30  My vel het swart geword+ en van my afgeval,En my gebeente het warm geword van droogheid. 31  En my harp is nou bloot vir ’n rouklag,En my fluit vir die stem van dié wat huil.

Voetnote