Job 32:1-22

32  Toe het dié drie manne opgehou om Job te antwoord, omdat hy in sy eie oë regverdig was.+  Maar die toorn van Eliʹhu, die seun van Baraʹgel, die Busiet,+ uit die familie van Ram, het ontvlam. Teen Job het sy toorn ontvlam omdat hy eerder sy eie siel regverdig verklaar het as God.+  Ook teen sy drie metgeselle het sy toorn ontvlam omdat hulle geen antwoord gevind het nie, maar God skuldig verklaar het.+  En Eliʹhu het met woorde op Job gewag, omdat hulle ouer in dae was as hy.+  En Eliʹhu het gaandeweg gesien dat daar geen antwoord in die mond+ van die drie manne was nie, en sy toorn het verder ontvlam.  En Eliʹhu, die seun van Baraʹgel, die Busiet, het geantwoord en gesê: “Ek is jonk in daeEn julle is bejaard.+Daarom het ek my op die agtergrond gehou en was ek bangOm my kennis aan julle mee te deel.   Ek het gesê: ‘Die dae moet praat,En die veelheid van jare moet wysheid bekend maak.’+   Dit is sekerlik die gees in sterflike menseEn die asem van die Almagtige wat hulle begrip gee.+   Nie net dié wat oorvloedig in dae is, is wys nie,+En ook nie net dié wat oud is, verstaan die reg nie.+ 10  Daarom het ek gesê: ‘Luister tog na my.Ek sal my kennis meedeel, ja ek.’ 11  Kyk! Ek het gewag op julle woorde,Ek het na julle redenasies bly luister,+Totdat julle kon soek na woorde om te spreek. 12  En op julle het ek my aandag gerig gehou,En kyk, daar is niemand wat Job teregwys nie,Nie een van julle wat sy woorde beantwoord nie, 13  Sodat julle nie kan sê nie: ‘Ons het wysheid gevind;+Dit is God wat hom verdryf, nie ’n mens nie.’ 14  Aangesien hy geen woorde teen my aangevoer het nie,Sal ek hom ook nie met julle woorde antwoord nie. 15  Hulle is verskrik, hulle het nie meer geantwoord nie;Woorde het van hulle gewyk. 16  En ek het gewag, want hulle praat nie verder nie;Want hulle het stilgestaan, hulle het nie meer geantwoord nie. 17  Ek sal my deel antwoord, ja ek;Ek sal my kennis meedeel, ja ek; 18  Want ek het vol woorde geword;Gees het druk op my uitgeoefen+ in my buik. 19  Kyk! My buik is soos wyn wat geen opening het nie;Soos nuwe leersakke wil dit oopbars.+ 20  Laat my praat sodat dit my verligting kan gee.Ek sal my lippe oopmaak sodat ek kan antwoord.+ 21  Laat my asseblief nie partydigheid teenoor ’n mens betoon nie;+En aan ’n mens sal ek nie ’n titel gee nie;+ 22  Want ek weet beslis nie hoe ek ’n titel kan gee nie;Maklik sou my Maker+ my wegneem.

Voetnote