Job 33:1-33

33  “Maar nou, o Job, hoor asseblief my woorde,En luister tog na alles wat ek sê.   Kyk asseblief! Ek moet my mond oopmaak;My tong tesame met my verhemelte+ moet praat.   My woorde is die opregtheid van my hart,+En kennis spreek my lippe in opregtheid uit.+   God se gees het my gemaak,+En die Almagtige se asem het my lewend gemaak.+   Antwoord my as u kan,Voer woorde voor my aan; neem tog u plek in.   Kyk! Ek is vir die ware God presies soos u;+Uit die klei is ook ék gevorm.+   Kyk! Geen verskrikking in my sal u verskrik nie,En geen druk+ van my sal swaar op u wees nie.   Maar u het voor my ore gesê,En die geluid van u woorde het ek bly hoor:   ‘Ek is suiwer, sonder oortreding;+Rein is ek, en ek het geen ongeregtigheid nie.+ 10  Kyk! Hy vind rede vir teenstand teen my,Hy beskou my as ’n vyand van hom.+ 11  Hy sit my voete in die blok,+Hy gee ag op al my paaie.’+ 12  Kyk! Hierin was u nie reg nie,+ antwoord ek u;Want God is baie meer as ’n sterflike mens.+ 13  Waarom het u teen hom gestry,+Omdat hy al u woorde nie beantwoord nie?+ 14  Want God praat een keer,En twee keer+—hoewel ’n mens nie daarop ag slaan nie— 15  In ’n droom,+ ’n nagvisioen,+Wanneer ’n diep slaap op die mense val,Gedurende sluimeringe op die bed.+ 16  Dán open hy die oor van die mense,+En op die vermaning aan hulle druk hy sy seël, 17  Om ’n mens van sy daad af te keer,+En om trots+ vir ’n man te verberg. 18  Hy hou sy siel terug van die kuil,+En sy lewe, dat dit nie deur ’n werpspies vergaan nie.+ 19  En hy word met pyn op sy bed tereggewys,En daar is ’n aanhoudende stryd in sy gebeente. 20  En sy lewe laat hom beslis ’n weersin kry in brood,+En sy siel in begeerlike voedsel. 21  Sy vlees teer weg en verdwyn uit die gesig,En sy gebeente, wat nie sigbaar was nie, word beslis ontbloot. 22  En sy siel kom nader aan die kuil,+En sy lewe aan dié wat die dood veroorsaak. 23  As daar vir hom ’n boodskapper is,’n Woordvoerder, een uit duisend,Om aan die mens sy regskapenheid bekend te maak, 24  Dan betoon hy guns aan hom en sê:‘Laat hom nie in die kuil afdaal nie!+Ek het ’n losprys gevind!+ 25  Laat sy vlees frisser word as in die jeug;+Laat hy terugkeer na die dae van sy jeugdige krag.’+ 26  Hy sal God dringend versoek dat hy behae in hom mag hê,+En hy sal sy aangesig met gejuig sien,En Hy sal Sy regverdigheid aan die sterflike mens teruggee. 27  Hy sal vir die mense sing en sê:‘Ek het gesondig;+ en wat reg is, het ek verdraai,En dit was beslis nie die regte ding vir my nie. 28  Hy het my siel verlos, sodat dit nie in die kuil sou ingaan nie,+En my lewe sal die lig sien.’ 29  Kyk! Dit alles doen God,Twee keer, drie keer, in die geval van ’n man, 30  Om sy siel weg te keer van die kuil af,+Sodat hy verlig kan word met die lig van die lewendes.+ 31  Skenk aandag, o Job! Luister na my!Swyg, en ek sal verder praat. 32  As daar enige woorde is om te sê, antwoord my;Praat, want ek het behae geskep in u regverdigheid. 33  So nie, luister u dan na my;+Swyg, en ek sal u wysheid leer.”

Voetnote