Job 35:1-16

35  En Eliʹhu het verder geantwoord en gesê:   “Is dit wat u as geregtigheid beskou het?U het gesê: ‘My regverdigheid is groter as dié van God.’+   Want u sê: ‘Van watter nut is dit vir u?+Wat baat dit my meer as wanneer ek sondig?’+   Ek sal u antwoordEn u metgeselle+ by u.   Kyk op na die hemel+ en sien,En aanskou die wolke,+ dat hulle inderdaad hoër is as u.   As u sondig, wat rig u teen hom uit?+En as u opstandige dade toeneem, wat doen u hom aan?   As u werklik reg is, wat gee u hom,Of wat ontvang hy uit u hand?+   U goddeloosheid kan teen ’n man soos u wees,+En u regverdigheid teenoor ’n mensekind.+   Weens die menigte van verdrukkinge bly hulle om hulp roep;+Hulle bly om hulp roep weens die arm van die grotes.+ 10  En tog het niemand gesê nie: ‘Waar is God, my Grootse Maker,+Die Een wat melodieë in die nag gee?’+ 11  Hy is die Een wat ons meer leer+ as die diere van die aarde,+En hy maak ons wyser as selfs die voëls van die hemel. 12  Daar bly hulle uitroep, maar hy antwoord nie,+Weens die trots+ van die slegtes. 13  Net die onwaarheid hoor God nie,+En die Almagtige self aanskou dit nie.+ 14  Hoeveel minder dan wanneer u sê dat u hom nie aanskou nie!+Die regsaak is voor hom, en u moet dus verlangend op hom wag.+ 15  En nou, omdat sy toorn nie rekenskap geëis het nie,+Het hy ook nie gelet op die buitengewone onbesonnenheid nie.+ 16  En Job maak sy mond eenvoudig verniet wyd oop;Sonder kennis vermenigvuldig hy blote woorde.”+

Voetnote