Job 36:1-33

36  En Eliʹhu het verder gesê:   “Wees ’n klein rukkie geduldig met my, en ek sal u meedeelDat daar nog woorde is om ten gunste van God te sê.   Ek sal my kennis van ver af bring,En aan my Formeerder sal ek regverdigheid toeskryf.+   Want my woorde is inderdaad geen leuen nie;Die Een wat volmaak is in kennis,+ is met u.   Kyk! God is magtig+ en sal nie verwerp nie;Hy is magtig in die krag van ’n verstandige hart;   Hy sal geen goddelose laat lewe nie,+Maar aan die geteisterdes sal hy reg verskaf.+   Hy sal sy oë nie van die regverdige afwend nie;+Selfs konings op die troon+Hy sal hulle ook vir ewig laat sit, en hulle sal verhef word.   En as hulle met boeie gebind word,+Word hulle met toue van ellende gevange geneem.   Dan sal hy hulle vertel van hulle handelswyseEn hulle oortredings, omdat hulle ’n meerderwaardige houding inneem. 10  En hy sal hulle oor vir vermaning open,+En hy sal sê dat hulle hulle moet afkeer van wat skadelik is.+ 11  As hulle gehoorsaam is en dien,Sal hulle hulle dae eindig in wat goed isEn hulle jare in aangenaamheid.+ 12  Maar as hulle nie gehoorsaam is nie, sal hulle deur ’n werpspies+ heengaan,+En hulle sal sonder kennis sterf. 13  En die afvalliges van hart sal toorn ophoop.+Hulle moet nie om hulp roep omdat hy hulle gebind het nie. 14  Hulle siel sal in die jeug sterf,+En hulle lewe onder manlike tempelprostitute.+ 15  Hy sal die geteisterde in sy ellende red,En hy sal hulle oor in die verdrukking open. 16  En hy sal u ook beslis weglok uit die mond van benoudheid!+Wyer ruimte,+ nie ingeperktheid nie, sal in die plek daarvan wees,En die vertroosting van u tafel sal vol vettigheid wees.+ 17  Met die regterlike vonnis oor die goddelose+ sal u beslis vervul word;Regterlike vonnis en geregtigheid sal ’n houvas kry. 18  Want pas op dat woede+ u nie tot kwaadwillige handegeklap verlok nie,En laat ’n groot losprys+ u nie op ’n dwaalspoor bring nie. 19  Sal u hulpgeroep ’n uitwerking hê?+ Nee, en ook nie in benoudheidSelfs al u kragtige pogings nie.+ 20  Moenie hyg na die nag,Dat volke hulle moet terugtrek van waar hulle is nie. 21  Pas op dat u u nie wend tot wat skadelik is nie,+Want u het dít bo ellende verkies.+ 22  Kyk! God handel verhewe met sy krag;Wie is ’n onderrigter soos hy? 23  Wie het van hom rekenskap geëis oor sy weg,+En wie het gesê: ‘U het onreg gepleeg’?+ 24  Onthou dat u sy dade groot moet maak+Waarvan mense gesing het.+ 25  Al die mense het hulle blik daarop gerig;Die sterflike mens bly van ver af kyk.+ 26  Kyk! God is meer verhewe as wat ons kan weet;+Die getal van sy jare is onnaspeurlik.+ 27  Want hy trek die waterdruppels op;+Hulle sypel deur as reën vir sy mis, 28  Sodat die wolke drup;+Hulle drup oorvloedig op die mensdom. 29  Ja, wie kan die wolklae verstaan,Die harde slae vanuit sy hut?+ 30  Kyk! Hy het sy lig daaroor uitgesprei,+En die dieptes van die see het hy bedek. 31  Want daardeur bepleit hy die regsaak van volke;+Hy gee voedsel in oorvloed.+ 32  In sy hande het hy die weerlig bedek,En hy gee daaraan bevel teen ’n aanvaller.+ 33  Sy gedreun+ vertel van hom,Ook die vee omtrent die een wat opkom.

Voetnote