Job 37:1-24

37  “Ja, hieroor begin my hart bewe,+En dit spring op uit sy plek.   LUISTER aandagtig na die gedreun van sy stem+En die gegrom wat uit sy mond uitgaan.   Onder die ganse hemel laat hy dit los,En sy weerlig+ reik tot aan die eindes van die aarde.   Daarna brul ’n geluid;Hy donder+ met die geluid van sy verhewenheid,+En hy hou hulle nie terug wanneer sy stem gehoor word nie.+   God donder met sy stem+ op ’n wonderbare wyse,Terwyl hy groot dinge doen wat ons nie kan weet nie.+   Want vir die sneeu sê hy: ‘Val aarde toe’,+Asook vir die stortreën, ja, vir sy sterk stortreëns.+   Op die hand van elke mens druk hy ’n seël,Sodat elke sterflike mens sy werk kan ken.   En die wilde dier gaan in die hinderlaag,En in sy skuilplekke woon hy.+   Uit die binnekamer+ kom die stormwind,En uit die noordewinde die koue.+ 10  Deur die asem van God word die ys gegee+En is die breedte van die waters ingeperk.+ 11  Ja, met vogtigheid belaai hy die wolk,Sy lig+ verstrooi die wolkmassa, 12  En dit word rondgedraai deurdat hy hulle rig sodat hulle hulle werk doenWaar hy hulle ook al op die oppervlak van die vrugbare land van die aarde bevel gee.+ 13  Hetsy tot ’n roede+ of vir sy land+Of tot liefderyke goedhartigheid,+ hy laat dit resultate oplewer. 14  Luister tog hierna, o Job;Staan stil en gee ag op die wonderlike werke van God.+ 15  Weet u wanneer God hulle ’n bestemming opgelê het+En wanneer hy die lig van sy wolk laat straal het? 16  Weet u iets van die gesweef van die wolk,+Die wonderlike werke van die Een wat volmaak is in kennis?+ 17  Waarom u klere warm isWanneer die aarde stil is vanuit die suide?+ 18  Kan u saam met hom die hemelruim uitslaan,+Hard soos ’n gegote spieël? 19  Maak aan ons bekend wat ons vir hom moet sê;Ons kan geen woorde voortbring weens die duisternis nie. 20  Moet daar aan hom vertel word dat ek wil praat?Of het iemand gesê dat dit meegedeel sal word?+ 21  En nou sien hulle nie werklik die lig nie;Dit is skitterend in die hemelruimWanneer ’n wind verbygegaan en dit skoongemaak het. 22  Uit die noorde kom goue prag.Die waardigheid+ van God is vreesinboesemend. 23  Wat die Almagtige betref, ons het hom nie deurgrond nie;+Hy is verhewe in krag,+En geregtigheid+ en ’n oorvloed van regverdigheid+ sal hy nie geringag nie.+ 24  Laat die mense hom derhalwe vrees.+Hy slaan geen ag op dié wat wys is in hulle eie hart nie.”+

Voetnote