Job 38:1-41

38  En Jehovah het Job uit die windstorm+ geantwoord en gesê:   “Wie is dit wat raad verduisterDeur woorde sonder kennis?+   Omgord asseblief jou lendene soos ’n man,En laat ek jou uitvra, en lig jy my in.+   Waar was jy toe ek die aarde gegrondves het?+Vertel my, as jy verstand het.   Wie het sy afmetings bepaal, as jy weet,Of wie het die meetsnoer oor hom gespan?   Waarin is sy voetstukke+ neergelaat,Of wie het sy hoeksteen gelê,   Toe die môresterre+ saam van vreugde uitgeroep hetEn al die seuns van God+ begin juig het?   En wie het die see met deure versper,+Wat te voorskyn gekom het soos toe dit uit die moederskoot losgebreek het;   Toe ek die wolk sy kleding gemaak hetEn dik donkerheid sy windsel, 10  En ek my voorskrif oor hom bepaal hetEn ’n grendel en deure gestel het+ 11  En ek gesê het: ‘Tot hiertoe mag jy kom, en nie verder nie;+En hier word jou trotse golwe begrens’?+ 12  Het jy sedert jou dae die oggend bevel gegee?+Het jy aan die dagbreek sy plek bekend gemaak, 13  Om die eindes van die aarde vas te gryp,Sodat die goddeloses van hom afgeskud word?+ 14  Hy verander homself soos klei+ onder ’n seël,En die dinge neem hulle plek in asof in klere. 15  En die goddeloses word hulle lig ontsê,+En die hoë arm word verbreek.+ 16  Het jy gekom tot by die bronne van die see,Of het jy rondgeloop op soek na die waterdiepte?+ 17  Is die poorte van die dood+ vir jou ontbloot,Of kan jy die poorte van diep skaduwee+ sien? 18  Het jy die wye ruimtes van die aarde met verstand beskou?+Vertel my, as jy dit alles te wete gekom het. 19  Waar is tog die weg na waar die lig woon?+Wat die duisternis betref, waar is tog sy plek, 20  Sodat jy dit na sy grens kan bringEn sodat jy die paaie na sy huis kan verstaan? 21  Het jy dit te wete gekom omdat jy toe gebore is+En omdat die getal van jou dae groot is? 22  Het jy in die skatkamers van die sneeu ingegaan,+Of sien jy die skatkamers van die hael,+ 23  Wat ek teruggehou het vir die tyd van benoudheid,Vir die dag van stryd en oorlog?+ 24  Waar is tog die weg waarlangs die lig hom verdeelEn die oostewind+ hom oor die aarde versprei? 25  Wie het ’n kanaal vir die vloed gekloofEn ’n weg vir die donderende onweerswolk,+ 26  Om dit te laat reën op die land waar daar niemand is nie,+Op die wildernis waarin daar geen mens is nie, 27  Om stormgeteisterde en verlate plekke te versadigEn om die jong gras te laat uitspruit?+ 28  Is daar ’n vader vir die reën,+Of wie het die doudruppels gebaar?+ 29  Uit wie se moederskoot kom die ys voort,En wat die ryp+ van die hemel betref, wie baar dit tog? 30  Die waters hou hulle verborge soos deur klip,En die oppervlak van die waterdiepte sluit aan mekaar.+ 31  Kan jy die bande van die Kima-sterrebeeld vasbind,Of kan jy die toue van die Kesil-sterrebeeld losmaak?+ 32  Kan jy die Masʹsarot-sterrebeeld op sy vasgestelde tyd uitbring?En wat die Asj-sterrebeeld tesame met sy kinders betref, kan jy hulle lei? 33  Het jy die insettinge van die hemel te wete gekom,+Of sou jy die gesag daarvan op die aarde kon laat geld? 34  Kan jy jou stem tot die wolk verhef,Sodat ’n deinende watermassa jou bedek?+ 35  Kan jy weerligstrale uitstuur dat hulle heengaanEn vir jou sê: ‘Hier is ons!’? 36  Wie het wysheid+ in die wolklae gelê,Of wie het verstand+ aan die hemelverskynsel gegee? 37  Wie kan die wolke met wysheid noukeurig tel,Of die waterkruike van die hemel—wie kan hulle laat kantel+ 38  Wanneer die stof uitvloei soos ’n gesmelte massaEn die grondkluite aan mekaar kleef? 39  Kan jy prooi jag vir ’n leeuEn kan jy die groot eetlus van jong leeus bevredig+ 40  Wanneer hulle hulle krom buig in die skuilplekke,+Of in die ruigte bly lê vir ’n hinderlaag? 41  Wie berei vir die raaf sy voedsel+Wanneer sy kleintjies tot God om hulp roep,Wanneer hulle bly ronddwaal omdat daar niks is om te eet nie?

Voetnote