Job 39:1-30
39 “Het jy die vasgestelde tyd te wete gekom wanneer die bergbokke van die krans geboorte gee?+Neem jy waar presies wanneer die takbokooie met geboortepyne voortbring?+
2 Tel jy die maanmaande wat hulle vervul,Of het jy die vasgestelde tyd te wete gekom wanneer hulle geboorte gee?
3 Hulle buig hulle krom wanneer hulle hulle kleintjies werp,Wanneer hulle van hulle pyne ontslae raak.
4 Hulle kleintjies word sterk, hulle word groot in die oop veld;Hulle gaan weg en keer nie na hulle toe terug nie.
5 Wie het die sebra+ in vryheid uitgestuur,En wie het die bande van die wilde-esel losgemaak,
6 Vir wie ek die woestynvlakte as sy huis bestem hetEn die brak grond+ as sy woonplekke?
7 Hy lag oor die gewoel van ’n stad;Die geluide van ’n bekruiper+ hoor hy nie.
8 Hy deurkruis berge vir sy weiding,+En na elke soort groen plant+ soek hy.
9 Wil ’n wilde bul jou dien,+Of sal hy by jou krip oornag?
10 Sal jy ’n wilde bul met sy toue in die voor vasbind,Of sal hy die laagvlaktes agter jou eg?+
11 Sal jy op hom vertrou omdat sy krag oorvloedig is,En sal jy jou moeisame arbeid aan hom oorlaat?
12 Sal jy op hom reken, dat hy jou saad sal terugbringEn dat hy op jou dorsvloer sal insamel?
13 Het die vlerk van die volstruiswyfie vrolik geklap,Of het sy die vlerke en vere van ’n ooievaar?+
14 Want sy laat haar eiers aan die aarde oor,En in die stof hou sy hulle warm,
15 En sy vergeet dat ’n voet hulle kan verbryselOf selfs ’n wilde dier van die veld op hulle kan trap.
16 Sy behandel haar kleintjies hard, asof hulle nie hare is nie+—Tevergeefs is haar moeisame arbeid omdat sy geen angs ervaar nie.
17 Want God het haar die wysheid laat vergeet,En hy het haar geen deel aan die verstand gegee nie.+
18 Wanneer sy haar vlerke in die hoogte klap,Lag sy die perd en sy ruiter uit.
19 Kan jy aan die perd sterkte gee?+Kan jy sy nek met ruisende maanhare beklee?
20 Kan jy hom soos ’n sprinkaan laat spring?Die waardigheid van sy gesnuif is skrikwekkend.+
21 Hy kap met sy pote+ in die laagvlakte en verheug hom in krag;Hy trek uit, die wapentuig tegemoet.+
22 Hy lag oor angs en is nie verskrik nie;+Ook draai hy nie terug weens ’n swaard nie.
23 Teen hom ratel ’n pylkoker,Die lem van ’n spies en ’n werpspies.
24 Met gestamp en opwinding verslind hy die grond,En hy glo nie dat dit die geluid van ’n horing is nie.
25 Sodra daar op die horing geblaas word, sê hy: Ha!En van ver af ruik hy die geveg,Die gebulder van hoofde en die oorlogskreet.+
26 Is dit aan jou verstand te danke dat die valk opwaarts sweef,Dat hy sy vlerke na die suidewind uitsprei?
27 Of is dit op jou bevel dat ’n arend+ hoog opvliegEn dat hy sy nes hoog bou,+
28 Dat hy op ’n krans woon en oornagOp die punt van ’n krans en ’n ontoeganklike plek?
29 Daarvandaan moet hy na voedsel soek;+Sy oë bly in die verte kyk.
30 En sy kleintjies bly bloed opslurp;En waar die gesneuweldes is, daar is hy.”+