Job 4:1-21

4  En Eʹlifas,+ die Temaniet, het geantwoord en gesê:   “Sal jy moeg word as ’n mens ’n woord tot jou probeer rig?Maar wie kan woorde inhou?   Kyk! Jy het talle tereggewys,+En die swak hande het jy versterk.+   Jou woorde het enigiemand wat struikel, opgerig;+En jy het knakkende knieë sterk gemaak.+   Maar hierdie keer kom dit jou oor, en jy word moeg;Dit tref jóú, en jy raak ontsteld.   Is jou godvrugtige eerbied nie die grondslag van jou vertroue nie?Is die onkreukbaarheid+ van jou weë nie jou hoop nie?   Dink asseblief hieraan: Wie het ooit onskuldig omgekom?En waar is die regskapenes+ ooit uitgewis?   Volgens wat ek gesien het, sal dié wat uitdink wat skadelik isEn dié wat moeilikheid saai, dit ook maai.+   Deur die asem van God vergaan hulle,En deur die gees van sy toorn kom hulle aan hulle einde. 10  Daar is die gebrul van ’n leeu en die stem van ’n jong leeu,Maar die tande van jong maanhaarleeus word uitgebreek. 11  ’n Leeu kom om as daar geen prooi is nie,En die welpies van ’n leeu word van mekaar geskei. 12  ’n Woord is dan nou heimlik na my gebring,En my oor het ’n fluistering daarvan opgevang,+ 13  In verontrustende gedagtes uit nagvisioene,Wanneer ’n diep slaap op die mense val. 14  Angs het oor my gekom, en bewing,En dit het die veelheid van my beendere met angs vervul. 15  En ’n gees het voor my aangesig verbygegaan;Die hare van my vlees het regop begin staan. 16  Hy het stil gaan staan,Maar ek het sy voorkoms nie herken nie;’n Gedaante was voor my oë;Daar was ’n kalmte, en toe het ek ’n stem gehoor: 17  ‘’n Sterflike mens—kan hy regverdiger as God wees?Of kan ’n man reiner as sy Maker wees?’ 18  Kyk! In sy knegte het hy geen geloof nie,En sy boodskappers beskuldig hy van dwaling. 19  Hoeveel te meer dan dié wat in kleihuise woon,Wie se fondament in die stof is!+’n Mens verbrysel hulle gouer as ’n mot. 20  Van die oggend tot die aand word hulle verbrysel;Hulle vergaan vir ewig sonder dat iemand dit ter harte neem. 21  Is hulle tenttou in hulle nie uitgeruk nie?Hulle sterf weens gebrek aan wysheid.

Voetnote