Job 40:1-24

40  En Jehovah het Job geantwoord en gesê:   “Moet ’n foutvinder enigsins met die Almagtige twis?+Laat die teregwyser van God daarop antwoord.”+  En Job het Jehovah geantwoord en gesê:   “Kyk! Ek het onbeduidend geword.+Wat sal ek u antwoord?My hand het ek op my mond gelê.+   Een keer het ek gepraat, en ek sal nie antwoord nie;En twee keer, en ek sal niks byvoeg nie.”  En Jehovah het Job uit die windstorm+ geantwoord en gesê:   “Omgord asseblief jou lendene soos ’n man;+Ek sal jou uitvra, en lig jy my in.+   Sal jy werklik my geregtigheid kragteloos maak?Sal jy my goddeloos verklaar sodat jy reg kan wees?+   Of het jy ’n arm soos dié van die ware God,+En kan jy dit laat donder met ’n stem soos syne?+ 10  Versier jou asseblief met verhewenheid+ en hoogheid;+En mag jy jou met waardigheid+ en prag+ beklee. 11  Laat die woedende uitbarstings van jou toorn vloei,+En sien elke hoogmoedige en verlaag hom. 12  Sien elke hoogmoedige, verneder hom,+En vertrap die goddeloses daar waar hulle is. 13  Begrawe hulle saam in die stof,+Bind hulle gesigte in die verborge plek, 14  En ek, ja ek, sal jou prys,Omdat jou regterhand jou kan red. 15  Kyk, daar is die Behemot wat ek gemaak het, net soos vir jou.Groen gras eet hy+ net soos ’n bul. 16  Kyk tog, sy krag is in sy heupe,En sy dinamiese energie+ in die senings van sy buik. 17  Hy buig sy stert soos ’n seder;Die senings van sy dye is ineengevleg. 18  Sy gebeente is koperpype;Sy sterk gebeente is soos smeeysterstawe. 19  Hy is die begin van die weë van God;Sy Maker+ kan sy swaard naby bring. 20  Want die berge lewer hulle opbrengs vir hom,+En al die wilde diere van die veld speel daar. 21  Onder die doringrige lotusbome gaan hy lê,In die skuilplekke van riete+ en die moerasagtige plek.+ 22  Die doringrige lotusbome hou hom afgeskut met hulle skaduwee;Die populiere van die stroomvallei omring hom. 23  As die rivier geweldig te kere gaan, hardloop hy nie paniekbevange weg nie.Hy is vol vertroue, al sou die Jordaan+ ook teen sy mond losbreek. 24  Kan iemand hom voor sy oë vang?Kan iemand sy neus met strikke deurboor?

Voetnote